On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams
Aardklop 2018

Aardklop 2018 Venue: Potchefstroom

Dates: 2 - 7 Oktober 2018

Tickets: Ticket Pro

Elke ikoon het sy troon by vanjaar se Aarklop kunstefees in Potchefstroom! Fees jou plek vol met OFM wat weer regstreeks na jou kom vir die 21ste aflewering van dié fees wat vanjaar aangewys is die Fiëstas se gewildste fees.

Skakel vanaf Maandag, 1 Oktober 2018, 12:00-13:00 in vir ‘Feesflits’ met Shandor Potgieter vir die jongste feesbrokkies en luister verder wanneer die gesprek voortgaan op die OFM-webstroom vanaf 13:00.

Wild Weekend kom Saterdag, 8 Oktober, regstreeks na jou vanaf Die Bult asook Saturday Express.

Kom ontspan, kuier saam en staan ‘n kans om te wen by die buite-uitsendingseenheid.

Dié kunstefees beloof om weereens een van vanjaar se groot hoogtepunte op Sentraal Suid-Afrika se feeskalender te wees met ’n groot verskeidenheid musiek- en teaterproduksies asook kunsaanbiedings vir oud en jonk.

Bly ingeskakel op OFM vir die jongste Aardklop nuus en onderhoude met die kunstenaars in oploop tot die groot gebeurtenis.

Besoek aardklop.co.za vir als wat jy moet weet oor vanjaar se Aardklop kunstefees.

Luister Aardklop-onderhoude:










View All

News

Trump-Poetin-beraad in gedrang terwyl Russe weer toeslaan

Die diplomatieke spanning tussen die VSA en Rusland het Woensdag (22/10) opnuut gestyg nadat pres. Donald Trump aangekondig het sy beplande beraad met pres. Wladimir Poetin in Boedapest is voorlopig...  Read More


Memoires 6 maande ná Epstein-slagoffer se selfdood plaas kollig op Andrew

Die memoires van een van die slagoffers van die Amerikaner Jeffrey Epstein, wat Dinsdag (21/10) net maande ná haar selfdood verskyn, veroorsaak reeds ernstige beroeringe in Brittanje.  Read More


Zelenski in VSA: Weste skepties oor Trump en Poetin se toenadering

Die wêreld se oë is op Washington gerig waar pres. Donald Trump Vrydagaand (17/10) om 19:00 met pres. Wolodimir Zelenski van Oekraïne vergader nadat Trump Donderdag tot ’n beraad met Rusland se pres....  Read More


Wapenstilstand in Gasa: Israeliese troepe onttrek, gyselaarooreenkoms in werking

Die Israeliese weermag (IDF) het bevestig dat die wapenstilstandooreenkoms tussen Israel en Hamas amptelik om 12:00 plaaslike tyd (en SA tyd) in werking getree het.  Read More


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.