On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight Oscar
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams
Schalk Bezuidenhout - Snorseun

Schalk Bezuidenhout - Snorseun Venue: Sentraal Suid-Afrika


Die mees opwindende nuwe stem in Suid-Afrikaanse ‘stand-up’, die bekroonde krulkopkomediant met sy kenmerkende truitjies, Schalk Bezuidenhout, kom kuier hierdie lente in Sentraal Suid-Afrika!

Snorseun, Schalk se nuwe Afrikaanse eenmanvertoning wat vlymskerp sosiale kommentaar lewer en baie reaksies, waarvan lag beslis die mees algemene is, ontlok, is reeds voor talle uitverkoopte sale dwarsoor die land opgevoer.

“Ek sien baie uit na my heel eerste Snorseun-toer in Sentraal Suid-Afrika, in samewerking met OFM,” sê Schalk. Ek voel altyd baie welkom in Welkom, Potchefstroom is klopdisselboom, my grappe is rein in Bloemfontein en ek weet nie wat met Klerksdorp rym nie. Wat ek wel weet is dat Snorseun my snaaksste eenmanvertoning sover is en dat die mense lekker gaan lag. Sien julle by die venues, Sentraal Suid-Afrika!”

Maak seker jy mis nie dié 80 minute van lekkerlag nie, kry jou kaartjies nou!

*Geen onder 14.


Woensdag, 26 September: Welkom

Ernest Oppenheimer Teater, 20h00

Koop kaartjies


Dinsdag, 2 Oktober: Potchefstroom

Totius Saal, 20h00

Koop kaartjies


Donderdag, 4 Oktober: Potchefstroom

Totius Saal, 14H00

Koop kaartjies


Vrydag, 26 Oktober: Bloemfontein

Sand du Plessis, 20h00

Bespreek by 051 447 7772


Saterdag, 10 November: Klerksdorp

Saamtrek Laerskool, 19h00

Bespreek by BSure Makelaars en 082 552 1950


Die Schalk Bezuidenhout ‘Snorseun’-toer word gedryf deur OFM, die klank van jou lewe!

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.