On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams
Graan SA Nampo Oesdag 2019

Graan SA Nampo Oesdag 2019 Venue: Nampopark, buite Bothaville

Datums: 14 - 17 Mei 2019 (uitsending begin reeds 13 Mei)

Oes wyd en syd tydens die 53ste aflewering van Graan SA se Nampo Oesdag, een van die grootste landbou ekspo’s in die Suidelike Halfrond!

Reeds vanaf 13 tot 17 Mei 2019 kom OFM na jou regstreeks vanaf Nampo Park buite Bothaville.

Vanaf 13:00 tot 16:00 bring ‘At Lunch’ met Cyril Viljoen, en weer vanaf 05:00 tot 06:00 tydens ‘Before Dawn’ met Gerben van Niekerk, jou spesiale landbou-insetsels en onderhoude met die kenners. Skakel ook in vir die Senwes-Agri-uur vanaf 12:00 - 13:00.

En, 07:00 - 17:00 hou die ‘Eye-In-The-Sky’ jou op hoogte van verkeer rondom Nampo Park.

WEN MET OFM!

Staan 10:00 - 15:00 ’n kans om te wen met die OFM ‘Scratch App’ by die buite uitsendingseenheid op die terrein! Daar’s ook R1000 op die spel, so maak seker jy maak ’n draai! Onthou, kontantprys slegs geldig vir volwassenes om te wen, maar daar is hope ander lekker pryse vir onder 18s.

Spog bietjie met jou pragfoto’s wat jy tydens vanjaar se Oesdag geneem het en staan ’n kans om ’n splinternuwe Huawei P Smart 2019 ter waarde van R6 000 te wen! Om in te skryf, Whatsapp jou foto na 084 222 9497 (data tariewe geld). Die tien (10) beste foto’s sal aanlyn geplaas word en luisteraars sal stem vir die wenner die week ná die ekspo. Foto’s kan tot 00:00, Maandag, 20 Mei aangestuur word. Die wenner word op Vrydag, 24 Mei 2019, 13:00 – 16:00 aangekondig.

Sedert die eerste Nampo Oesdag in 1967 gehou is, het hierdie toonaangewende agri-ekspo van krag tot krag gegaan. Met honderde uitstallers en derduisende besoekers beloof die 53ste aflewering van Nampo Oesdag om weereens die hoogtepunt op Sentraal Suid-Afrika se landbou kalender te wees.

OFM is trots om deel te wees van Nampo Oesdag met regstreekse uitsendings vanaf Nampo Park, net buite Bothaville.

Vind meer uit oor Nampo Oesdag hier.

View All

News

Trump-Poetin-beraad in gedrang terwyl Russe weer toeslaan

Die diplomatieke spanning tussen die VSA en Rusland het Woensdag (22/10) opnuut gestyg nadat pres. Donald Trump aangekondig het sy beplande beraad met pres. Wladimir Poetin in Boedapest is voorlopig...  Read More


Memoires 6 maande ná Epstein-slagoffer se selfdood plaas kollig op Andrew

Die memoires van een van die slagoffers van die Amerikaner Jeffrey Epstein, wat Dinsdag (21/10) net maande ná haar selfdood verskyn, veroorsaak reeds ernstige beroeringe in Brittanje.  Read More


Zelenski in VSA: Weste skepties oor Trump en Poetin se toenadering

Die wêreld se oë is op Washington gerig waar pres. Donald Trump Vrydagaand (17/10) om 19:00 met pres. Wolodimir Zelenski van Oekraïne vergader nadat Trump Donderdag tot ’n beraad met Rusland se pres....  Read More


Wapenstilstand in Gasa: Israeliese troepe onttrek, gyselaarooreenkoms in werking

Die Israeliese weermag (IDF) het bevestig dat die wapenstilstandooreenkoms tussen Israel en Hamas amptelik om 12:00 plaaslike tyd (en SA tyd) in werking getree het.  Read More


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.