On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Ashmund
Show Background
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams
Big Breakfast Tjop Shop ‘Braai Off’

Big Breakfast Tjop Shop ‘Braai Off’ Venue: Tjop Shop Butchers & Braai, Bays Village (Hoek van Milner & Waverley)

5 Augustus 2019

Jan Braai besoek Maandag, 5 Augustus, Bloemfontein as deel van sy landswye toer, so natuurlik wil die manne van The Big Breakfast saam braai!

Kom kuier saam by Baysvillage sentrum, 06:00 – 09:00, en kyk wie’s man en wie’s muis as dit by braai kom.

Moontlik gemaak deur Tjop Shop – koop vir R150 of meer, 5 - 11 Augustus, en staan ’n kans om ’n getekende Jan Braai resepteboek te wen!

Jy kan ook middagete geniet by die Tjop Shop braaistalletjie wat Maandae tot Vrydae, 08:00 – 16:00, en Saterdae, 07:00 – 15:00, oop is.

  • Boereworsrol @ R30
  • Rump / lam / hoendersosatie @ R25
  • Braaibroodjie @ R15
  • Prego Burger @ R30

Tjop Shop Butchers and Braai is beskikbaar op Kekambas Delivery & Take Away, so daar’s geen rede om die heerlike braaigeregte mis te loop nie.

Maak Tjop Shop jou eenstop braaiwinkel met allerlei braai bederfies soos Oepsies, Jalepeno Poppers, Pork Pin Wheels, Tjopshop lekkers (haloumi kaas met spek), Peppadew Feta Poppers, wildspasteie en paptert.

Kry tjops dikker as jou eks se bobene @ R129.90 / kg!

Maak ’n draai voor jou braai en kry ys, hout en gesuiwerde water teen R1/L.

En, onthou, op Dinsdae is daar 10% afslag vir pensionarisse!

View All

News

Moslem-sosialis word burgemeester van New York in slegte week vir Republikeine

In ’n suksesvolle verkiesingsweek vir die Demokratiese Party wat beskou word as ’n teken van Amerikaanse kiesers se ontevredenheid met pres. Donald Trump, het die stad New York sy heel eerste...  Read More


Andrew titel en woning kwyt; slagoffer se familie sê dis nie genoeg

Virginia Giuffre was ’n gewone Amerikaanse meisie wat nou ’n prins tot ’n val gebring het.  Read More


Polisie Doer Onder waarsku oor ‘crimefluencers’ wat kwesbare meisies aanlyn teiken

Die Australiese polisie waarsku ouers teen die opkoms van sogenaamde “crimefluencers” – jong mans en seuns wat aanlyn misdaadnetwerke vorm en kwesbare meisies teiken in ’n verdraaide kultuur van...  Read More


Balsaal en monumentboog: Trump ontslaan kunskommissie

Pres. Donald Trump het al ses lede van ’n onafhanklike federale agentskap afgedank wat verantwoordelik is vir die beoordeling van sy omstrede Withuis-balsaal en beplande “Arc de Trump” in Washington...  Read More


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.