On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams
Yonder Hartsfees

Yonder Hartsfees Venue: Yonder-terrien, Messelaarstraat, Kenilworth, Kimberley

Datum: 29 Augustus – 1 September 2019

Kaartjies: Computicket

Die Noord-Kaap Geestesgesondheid bied vanjaar die heel eerste Yonder Hartsfees aan.

Die fees gaan op Yonder se terrein aangebied word en sal ‘n eg Noord-Kaapse geur en karakter hê onder die skadu van die Kameeldoringbome. Die organiseerders beplan ‘n program wat die hele gesin betrek en vermaak, lekker kos, lekker musiek, kunstenaars en ‘n jaarlikse kuier soos net Kimberley kan.

Die sterbelaaide musiekprogram sluit in: Broers, The Rockets, ADAM, Monique Steyn, Leah, Piet Pompies, Willem Botha, Vaatjie, Jakkie Louw en Saarkie!

Kry die volledige program hier

“Ons wil graag vir die mense van Kimberley wys dat ‘n persoon met ‘n gestremdheid ‘n geleentheid vir die publiek kan aanbied wat niks kort van ‘n ware fees is nie”, so sê Jannie van Zyl – hoof van die Noord-Kaap Geestesgesondheid.

“Ons wil ‘n geleentheid skep waar plaaslike talent kan skouers skuur met nasionale talent, waar plaaslike besighede ‘n geleentheid kan kry om fondse te genereer hetsy deur verkope op die feesterrein of deur besigheid wat die besoekers na Kimberley bring.”

Kom skop jou skoene uit op die Yonder Hartsfees van 29 Augustus tot 1 September 2019!

Vir meer inligting of stalletjiebesprekings kontak gerus die kantoor: E-pos: mail.yonder@gmail.com; Tel: 053 841 0537 (Aletha).

As jarelange tuiste vir persone met ‘n intellektuele gestremdheid het Yonder geen bekendstelling nodig nie.

Die Noord-Kaap Geestesgesondheid sien daagliks na 280 persone met ‘n intellektuele gestremdheid om. Yonder is beide ‘n permanente tuiste vir baie van hierdie mense, maar ook ‘n veilige hawe vir dagbesoekers.

Na ‘n deeglike assessering en vaardigheidsopleiding word baie van die persone uitgeplaas in die gemeenskap waar hulle met groot sukses by plaaslike besighede werk.

Daar is egter ook van Yonder se inwoners en dagbesoekers wat nie uitgeplaas kan word nie, maar wat daagliks hul take by een van Yonder se agtien werkswinkels op die terrein verrig.

Menswaardigheid is een van die grootste doelstellings van die instelling en elke persoon wat by dié besonderse instansie betrokke is weet hulle maak elke dag ‘n verskil, hulle is belangrik en hulle het soveel talente waarvan die gemeenskap net eenvoudig móét weet.

Dus gaan die instansie vanaf hierdie jaar ‘n jaarlikse fees aanbied vir Kimberley en omgewing ten einde hulle vaardighede en fasiliteite ten toon te stel, maar natuurlik ook vir fondsinsameling.

View All

News

Andrew titel en woning kwyt; slagoffer se familie sê dis nie genoeg

Virginia Giuffre was ’n gewone Amerikaanse meisie wat nou ’n prins tot ’n val gebring het.  Read More


Polisie Doer Onder waarsku oor ‘crimefluencers’ wat kwesbare meisies aanlyn teiken

Die Australiese polisie waarsku ouers teen die opkoms van sogenaamde “crimefluencers” – jong mans en seuns wat aanlyn misdaadnetwerke vorm en kwesbare meisies teiken in ’n verdraaide kultuur van...  Read More


Balsaal en monumentboog: Trump ontslaan kunskommissie

Pres. Donald Trump het al ses lede van ’n onafhanklike federale agentskap afgedank wat verantwoordelik is vir die beoordeling van sy omstrede Withuis-balsaal en beplande “Arc de Trump” in Washington...  Read More


Andrew onthaal seksmisdadigers in koninklike woning

In ’n nuwe onthulling, wat groot opspraak in die Britse koningshuis veroorsaak, is bevestig dat prins Andrew in 2006 drie berugte figure – Jeffrey Epstein, Ghislaine Maxwell en Harvey Weinstein – by...  Read More


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.