On Now
Weekends 16:00 - 19:00
All Request Sunday Nikki
Show Background
NEXT: 19:00 - 20:00 Nuut in Afrikaans with Nikki
Listen Live Streams
Aardklop 2019

Aardklop 2019 Venue: Potchefstroom

Dates: 24 – 29 September 2019

Tickets: Ticket Pro

“Ons is almal vuisvoos, moeggeploeg en vrot-gebombardeer: Dis net korrupsie, swak dienslewering, afgesaagde retoriek, leë verkiesingspropaganda… en slaggate om elke hoek en draai Juis in hierdie klimaat het ons die kunste nodiger as ooit – sodat ons kan saampraat, dink, wonder, bewonder, lag, positief en opbouend saamwees. Dis einste wat Aardklop bied: ’n Geleentheid om die batterye te kom herlaai, saam met vriende en familie. So word deel van die kunsrevolusie, en kom fees vry saam met ons dís mos nou iets om voor te campaign. Viva!” – Alexa Strachan, Aardklop Hoof Uitvoerende Beampte

Die 2018 kykNET Fiësta gewildste fees is terug in Sentraal Suid-Afrika, 24 tot 29 September! Skakel vanaf die Maandag tot Vrydag, 12:00-13:00, in vir ‘Feesflits’ met Shandor Potgieter vir die jongste feesbrokkies.

Dié kunstefees beloof om weereens een van vanjaar se groot hoogtepunte op Sentraal Suid-Afrika se feeskalender te wees met ’n groot verskeidenheid musiek- en teaterproduksies asook kunsaanbiedings vir oud en jonk.

Bly ingeskakel op OFM vir die jongste Aardklop nuus en onderhoude met die kunstenaars in oploop tot die groot gebeurtenis.

Besoek aardklop.co.za vir als wat jy moet weet oor vanjaar se Aardklop kunstefees.

View All

News

Moslem-sosialis word burgemeester van New York in slegte week vir Republikeine

In ’n suksesvolle verkiesingsweek vir die Demokratiese Party wat beskou word as ’n teken van Amerikaanse kiesers se ontevredenheid met pres. Donald Trump, het die stad New York sy heel eerste...  Read More


Andrew titel en woning kwyt; slagoffer se familie sê dis nie genoeg

Virginia Giuffre was ’n gewone Amerikaanse meisie wat nou ’n prins tot ’n val gebring het.  Read More


Polisie Doer Onder waarsku oor ‘crimefluencers’ wat kwesbare meisies aanlyn teiken

Die Australiese polisie waarsku ouers teen die opkoms van sogenaamde “crimefluencers” – jong mans en seuns wat aanlyn misdaadnetwerke vorm en kwesbare meisies teiken in ’n verdraaide kultuur van...  Read More


Balsaal en monumentboog: Trump ontslaan kunskommissie

Pres. Donald Trump het al ses lede van ’n onafhanklike federale agentskap afgedank wat verantwoordelik is vir die beoordeling van sy omstrede Withuis-balsaal en beplande “Arc de Trump” in Washington...  Read More


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.