On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams
Dankie Donderdae by OVK

Dankie Donderdae by OVK Venue: Dan Pienaarstraat, Ladybrand

25 November 2021

09:00 – 12:00

Mid-Morning Magic 

Buite-uitsending

Hierdie November het OFM deur ons uitsaaigebied gereis om die landbougemeenskap te bedank met “Dankie Donderdae”. Ons laaste stilhouplek was OVK in Ladybrand.

Mid-Morning Magic het Donderdag, 25 November, regstreeks uitgesaai vanaf OVK se hoofkantoor in Dan Pienaar-straat.

Die OVK Groep is ‘n vooruitstrewende landboumaatskappy in Suid Afrika. Die OVK Groep streef deurentyd na die uitbreiding en verbetering van sy dienste.

Die maatskappy is goed gediversifiseer met werksaamhede in verskeie landbougebiede en lewer 'n wye reeks produkte en dienste aan sy kliënte. Verder is die mandjie van produkte wat OVK vanaf sy produsente aankoop of hanteer, ook goed gediversifiseerd (bv. wol, sybokhaar, lewende hawe, graan, en lusern). Hierdie produkte word in uitgebreide droëland-, besproeiings- en ekstensiewe weidingsgebiede geproduseer en voorsien in OVK se volle ondersteuning in hierdie waardeketting.

Besoek ovk.co.za vir meer inligting.

Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens het met OVK se Christel Basson gepraat oor OVK se toekoms visie en meer. Luister hier:

Yolanda het ook met OVK se besturende direkteur, Stefan Oberholzer, gepraat oor hoekom OVK wil dankie sê vir boere: 

View All

News

Andrew titel en woning kwyt; slagoffer se familie sê dis nie genoeg

Virginia Giuffre was ’n gewone Amerikaanse meisie wat nou ’n prins tot ’n val gebring het.  Read More


Polisie Doer Onder waarsku oor ‘crimefluencers’ wat kwesbare meisies aanlyn teiken

Die Australiese polisie waarsku ouers teen die opkoms van sogenaamde “crimefluencers” – jong mans en seuns wat aanlyn misdaadnetwerke vorm en kwesbare meisies teiken in ’n verdraaide kultuur van...  Read More


Balsaal en monumentboog: Trump ontslaan kunskommissie

Pres. Donald Trump het al ses lede van ’n onafhanklike federale agentskap afgedank wat verantwoordelik is vir die beoordeling van sy omstrede Withuis-balsaal en beplande “Arc de Trump” in Washington...  Read More


Andrew onthaal seksmisdadigers in koninklike woning

In ’n nuwe onthulling, wat groot opspraak in die Britse koningshuis veroorsaak, is bevestig dat prins Andrew in 2006 drie berugte figure – Jeffrey Epstein, Ghislaine Maxwell en Harvey Weinstein – by...  Read More


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.