On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams
Graan SA NAMPO Oesdag 2024: landbou in ’n digitale era

Graan SA NAMPO Oesdag 2024: landbou in ’n digitale era Venue: NAMPO Park, Bothaville

Datums: 14 – 17 Mei 2024

Hekke maak 07:00 oop en sluit 17:00

Kaartjies: TicketPro

Aandag alle boere, agri-entoesiaste en liefhebbers van die land! Maak gereed vir ’n geleentheid wat so groot soos die oop lug is en so ryk soos die vrugbare grond onder jou voete. Ja, dit is weer tyd vir Graan SA se NAMPO Oesdag!

Vanjaar se tema is ‘Landbou in ’n digitale era', en die 56ste aanbieding wat plaasvind 14 - 17 Mei 2024 is gerat om die nuutste neigings en ontwikkelings wat aangebied word ten toon te stel!

OFM saai regstreeks uit vanaf NAMPO Park, 09:00 - 15:00 op Dinsdag, Donderdag en Vrydag; en Woensdag 06:00 -18:00. Gereelde verkeer-, weer- en program- opdaterings sal verseker dat jy voorbereid is vir elke dag by NAMPO Oesdag om jou ervaring so onvergeetlik as moontlik te maak.

The Eye in the Sky, met ’n uitsig vanaf die lug oor die verkeer rondom NAMPO Park, sal reisigers ook elke oggend, om 06:30 en 07:30, oor die jongste verkeersnuus inlig.

Die OFM CLOSET is ook oop vir besigheid met 'n eksklusiewe reeks klere vir die hele gesin.

Hou ’n oor op OFM en hou die terrein dop vir OFM aanbieders wat verskeie stalletjies deur die week sal besoek. Neem ’n ‘selfie’, deel dit op sosiale media met #BakkieArm en ‘tag’ OFM en jy staan ’n kans om ’n OFM #BakkieArm-stel te wen.

En, kom neem ‘n 360-grade video, plaas op sosiale media met #OFMOpstal #NAMPO2024 en tag OFM – wie weet, die Joyride skakel jou dalk met R500 CLOSET-koopbewys!


Besoek jy vanjaar se Graan SA NAMPO Oesdag? Sit jy in die verkeer of ry jy terug huis toe? Laat weet ons op Telegram watter liedjie ons vir jou kan speel. Begin jou boodskap aan OFM op 084 222 9497 met “Namponommer”, als een woord, en ons speel dit dalk later in die Joyride.
Moontlik gemaak deur Virseker – 'n top 3-versekeringsnaam. Virseker, jou versekering, vir jou mense, vir jou taal.

Meer oor NAMPO Oesdag

Die eerste NAMPO Oesdag het in 1967 op die plaas Donkerhoek, naby Bloemfontein, plaasgevind en is deur 170 produsente bygewoon. Daarna is die Oesdag op verskeie plase gehou totdat die gebeurtenis só groot geword het dat ’n meer permanente terrein gevind moes word. In 1974 is die NAMPO Oesdag dus op ’n permanente terrein, vandag as NAMPO Park bekend, buite Bothaville gevestig. 

Wat is Nuut?

NAMPO het drie 500kVA kragopwekkers geïnstalleer, wat bykomend tot die bestaande 300kVA kapasiteit, genoeg elektrisiteit sal verskaf om aan die aanvraag tydens die NAMPO Oesdag te voldoen. Baie uitstallers is besig om hul uitstallingsaanbiedinge op te gradeer en uit te brei en die nuut bygevoegde Midas-saal aan die suidoostelike kant van die park huisves 'n bykomende 60 binnenshuise uitstallers.

NAMPO se kos keuses het toegeneem, en besoekers kan uitsien na ’n splinternuwe koservaring wat deur die Syngenta Boerekos Plaaskombuis aangebied word. Die Plaaskombuis sal watertand-geregte aanbied wat wissel van ‘n ekstragroot  Pregosteakrol tot smullekker Nacho’s, soetsuur Lamsribbetjies, smulsagte Botterhoendersosaties en geroosterde beesbrosstukplatbrode. Die gereelde NAMPO-kosstalletjies het selfs meer om te bied en strek tot voordeel van skole, kerke en nie-winsgewende gemeenskapsorganisasies. Die eksklusiewe restaurant, wat in 2023 geopen is om aan uitstallers die geleentheid te bied om tafels vir kliëntebesprekings te bespreek, sal weer in die Fanie Ferreira-saal geleë wees.

Die kykNET Vroueprogram skuif terug na sy oorspronklike plek by die teetuin en beloof pretbelaaide oggende gevul met plaaslike televisiebekendes en rusbankpraatjies met jou kykNet-gunstelinge. Besoekers kan 'n hele nuwe sintuiglike ervaring verwag wat lei tot die Vroueprogram deur die Starke Ayres-kruietuin en die nuutgestigte kinderspeelpark sal 'n veilige ruimte bied vir klouterpret en speel onder toesig.

Die NAMPO Toep bied nou aan besoekers beter toegang tot uitstallers en hul liggings met die parkuitleg op die punte van hul vingers. Deur die NAMPO-toepassing kan besoekers geleenthede boekmerk, uitstallers naslaan en besoeke boekmerk, 3D-virutale toere deur die park neem en hul pad na enige staanplek vind deur die navigasiefunksie.

Die 2024 Boereplanne-kompetisie met Omnia & Landbouweekblad het 'n nuwe kategorie in die skole afdeling bekendgestel vir enige leerders of studente aan ‘n onderriginstansie verbonde. Hierdie uitstalling wat nie misgeloop moet word nie, spog met planne in vyf ander kategorieë, insluitend nuut; gemodifiseerd; gereedskap; huis en tuin en 'n oop afdeling.

Ou Gunstelinge

Tradisionele NAMPO-gunstelinge vul steeds die dae, insluitend die gewilde 4x4-voertuigdemonstrasies op die Standard Bank 4x4-baan en die African Group Lubricants Avontuurbaan vir sy-aan-sy-, motorfiets- en quad-roetes. Die saadpersele aan die oostekant van die park bied 'n uitsig oor graan- en voergewasse en grassoorte van SA se voorste saadmaatskappye.

Die gewilde Nasie in Gesprek gespreksforum bring rolspelers in die landbousektor byeen om plaaslike en internasionale onderwerpe te bespreek en word tydens NAMPO verfilm, met die sessies wat regstreeks op verskeie platforms uitgesaai word.

Die vee-afdeling, wat beeste, skape, varke en bokke insluit, verteenwoordig byna 100% van die groot- en kleinveerasse met 'n daaglikse stamboom-veeparadeprogram wat in die TAU Veevoer Vee-arena geskeduleer is waar biosekuriteit en protokolle toegepas sal word.

Vind jou weg

Die navigasie van die uitgestrekte terrein van NAMPO Park word makliker gemaak deur verskeie vervoeropsies. OFM, NAMPO se offisiële mediavennoot, sal regstreeks vanaf NAMPO Park uitsaai, met 'n toegewyde Agri-uur en verkeersopdaterings deur die loop van die dag sal verseker dat luisteraars veilig na en van die Oesdag reis. Die "Mieliehop"-pendeldiens sal daagliks tussen NAMPO Park en Bothaville operasioneel wees, en bied langafstand-pendeldienste vanaf OR Tambo-lughawe en omliggende dorpe. Century Avionics se lughawe-sitkamer verwelkom lugreisigers na die noordelike kant van die park, met 'n pendeldiens beskikbaar na Hek 3. Boonop kan besoekers een van die nege trekkersleepwaens gebruik wat verskillende roetes oor die terrein ry, om besoekers te help om tussen verskillende uitstallings te beweeg vanuit aangewese skedules en busstoppe.

Kom vinnig en maklik by NAMPO Oesdag 2024:

Paaie om te gebruik na NAMPO Park:

  • Die R30 van Bloemfontein van Klerksdorp is in ‘n baie goeie toestand
  • Die R59 van Parys na Bothaville is ook in goeie toestand.
  • Die verleggings by Viljoenskroon is tans makliker begaanbaar.
  • Die R59 van Hoopstad na Bothaville is egter in slegte toestand, vermy eerder en gebruik Wesselsbron – Bothaville roete.
  • Die R504 van Wolmaransstad na Bothaville het ‘n paar stop-ry beheerpunte.

Mieliehop:

Die Mieliehop pendeldiens ry vanaf verskeie punte teen R30 per rit. Kontak Hettienne: 083 439 1140.

Beplan:

  • Koop jou kaartjie vooraf op ticketpros.co.za en gebruik die ‘vinnige’ baan by die hekke. Dis duidelik gemerk vir vooraf kaartjie houers en jy kan net jou kode skandeer en deurloop.
  • Kyk na die program en uitstallers by nampo.co.za.
  • Laai die NAMPO toep op jou slimfoon af en laat die digitale kaart jou deur die terrein lei na jou bestemming.

Kry jou kaartjies Aanlyn!

Kaartjies is vanaf vroeg April 2024 beskikbaar by TicketPro met afslag op toegangsfooie vir aanlyn aankope. Hekke open om 07:00 en sluit om 17:00. Roete-aanwysings sowel as besonderhede oor die private vliegveld verskyn op die webwerf en die NAMPO-toep. Geen troeteldiere, fietse, selfaangedrewe karre of motorfietse sal op die perseel toegelaat word nie. Besoekers kan die vervoerkarretjies wat deur die loop van die dag langs drie verskillende roetes op die terrein beweeg, gratis gebruik.

NAMPO 2024-ikone en kunswerke sal op die webwerf beskikbaar wees om af te laai. Vir meer inligting, besoek die webwerf by www.nampo.co.za of laai die NAMPO-toepassing van jou voorkeuraanlynwinkel af.

Lees meer hier.


View All

News

Derduisende Suid-Afrikaners stem in buiteland

“As jy nie optimisties is nie, wat het jy nog?"  Read More


Sal jy ’n perd opsaal om te gaan stem? #SANeedsYou

“Perth, waar ’n groot klomp Suid-Afrikaners woon, is byvoorbeeld 3 700 km van Canberra af! Ry is net nie ’n opsie nie!”  Read More


Botswana: Troppe bedreigde seekoeie val vas in modder

“Seekoeie het ’n dik maar sensitiewe vel, wat beteken dat hulle gereeld moet swem.”  Read More


Nog ’n Amerikaanse staat se onderwysers mag wapens dra

“Meer as die helfte van opvoeders glo dit sal skole minder veilig maak.”  Read More


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.