On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams
NAMPO 2025: Globale landbou, plaaslik gevestig!

NAMPO 2025: Globale landbou, plaaslik gevestig! Venue: NAMPO PARK, Bothaville

Van 13 tot 16 Mei 2025 verander NAMPO Park in Bothaville weer in die land se grootste landbou-ekspo, met die tema “Globale Landbou, Plaaslik!”

Hierdie jaar fokus Graan SA se NAMPO Oesdag op hoe plaaslike produsente internasionale kennis, netwerke en innovasie kan gebruik om die Suid-Afrikaanse landboubedryf te versterk. Besoekers kan uitsien na meer as 900 uitstallers, die jongste tegnologie, gevorderde landboumasjinerie, klimaatslim praktyke en digitale hulpmiddels wat plaaslike boere bemagtig.


Wat is nuut by Graan SA se NAMPO Oesdag?

  • ‘n Nuwe karavaanpark met 100 kragaansluitings en ablusiegeriewe vir maklike verblyf naby die aksie. Besprekings kan aanlyn gedoen word by  Louisa Esterhuizen (079 900 7266/056 515 3552/kleinbroekontvangs@gmail.com).
  • Uitgebreide kosaanbiedinge insluitend die Syngenta Boerekos Plaaskombuis, met disse deur Boerekos-redakteur Arina du Plessis en The Roots Academy.
  • Die Graan SA Museum, ‘n huldeblyk aan Graan SA se NAMPO Oesdag se ryk geskiedenis, geborg deur Santam.
  • Die ALPHA Insure Vroueprogram met bekendes, musiek en motiveringsprekers.
  • Die KamersMakers-mark, waar jy handgemaakte produkte kan koop.

Moet ook nie ou gunstelinge misloop nie, die 4x4-baan, die Nasie in Gesprek-reeks, en die vee-arena met van Suid-Afrika se beste stamboekdiere.

OFM saai regstreeks uit vanaf NAMPO Park met die jongste nuus, verkeersopdaterings en spesiale programme oor die vier dae. Die OFM CLOSET winkel sal ook daar wees! Vind OFM oorkant die NAMPO-saal.

Kaartjies is beskikbaar op opentickets.co.za

Kry die volledige program hier: https://www.grainsa.co.za/pages/nampo/programme




View All

News

Netanyahu beloof sterk optrede ná moord op ses

Israel se premier Benjamin Netanyahu beloof “elkeen wat gehelp het” sal gevang word ná ’n skietvoorval in Jerusalem Maandagoggend (8/9) in Jerusalem waarin minstens ses mense dood is.  Read More


Onthul ‘privaat gesprek’ Poetin wil vir ewig leef?

Dit gons wêreldwyd oor ’n “privaat” gesprek tussen die Russiese en Chinese presidente oor orgaanoorplantings en onsterflikheid wat per abuis vasgevang is deur ’n “warm mikrofoon” tydens ’n militêre...  Read More


Tiener Sondag heilig verklaar 19 jaar ná sy dood

’n Brits-Italiaanse tiener (15) word Sondag 19 jaar ná sy kankerdood die eerste lid van die milleniër-generasie wat deur die Rooms-Katolieke Kerk heilig verklaar word.  Read More


‘Asemrowend vreemde’ dinosourus met meter lange stekels ontdek

Wetenskaplikes is verstom oor die geweldige pantser en uitsteeksels wat deel is van ’n buitengewone nuwe dinosourusfossiel wat naby die Marokkaanse dorp Boulemane ontdek is.  Read More


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.