On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
Show Background
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams
NAMPO ALFA 2025 groter en beter as ooit!

NAMPO ALFA 2025 groter en beter as ooit! Venue: NAMPO PARK, Bothaville

Hekke maak oop: 08:00

Hekke sluit: 17:00

Saterdag maak hekke 08:00 oop en sluit 15:00

Toegangsgeld (by die hek): R70 (Donderdag – Saterdag)

Toegangsgeld (aanlyn): R70 (Donderdag – Saterdag)

Skoolkinders: (Voorskoolse kinders – gratis toegang)

Kaartjieverkope: Aanlyn kaartjies beskikbaar op OpenTickets, by die hek

Parkering: Gratis

NAMPO ALFA Vee-, Jag- en Buitelug-ekspo vind weer 16 - 18 Oktober 2025 by NAMPO Park,net buite Bothaville plaas. Die ekspo is daagliks oop 08:00 - 17:00 en Saterdag tot 15:00 en bied drie dae vol avontuur vir die hele gesin.

Verken uitstallings van topvee, ’n jag- en buitelugseksie, en ’n skietbaan waar jy vuurwapens kan toets en aan skietkompetisies kan deelneem. Ervaar die nuutste 4×4’s op ’n spesiale baan, verwonder jouself aan moderne karavane en kampeertoerusting, en geniet indrukwekkende hengeluitstallings.

Moenie vergeet om by die OFM Closet in te loer vir jou gunsteling T-hempde en bykomstighede – ideaal vir enige buitelug-avontuur!

Toegang is net R70 per dag, met gratis toegang vir kleuters en gratis parkering vir alle besoekers. Kry jou kaartjies aanlyn via OpenTickets of by die hek.  Kry meer inligting hier.

Roetes aanbeveel

  • N12 Potchefstroom ? Klerksdorp ? R30 Bothaville/NAMPO Park
  • R727 Kroonstad ? Bothaville. Gebruik R76 en draai links na Bothaville op R727
  • Parys R59 ? Viljoenskroon ? Bothaville. Draai regs by T-aansluiting op R30 Orkney/NAMPO Park
  • R504 van Wolmaransstad na Bothaville, draai links by kruising op R30 na Orkney/NAMPO Park

OFM is die trotse, amptelike mediavennoot van die ekspo.

 

Home Page Gallery Image17 Oct 2025
View All

News

Andrew titel en woning kwyt; slagoffer se familie sê dis nie genoeg

Virginia Giuffre was ’n gewone Amerikaanse meisie wat nou ’n prins tot ’n val gebring het.  Read More


Polisie Doer Onder waarsku oor ‘crimefluencers’ wat kwesbare meisies aanlyn teiken

Die Australiese polisie waarsku ouers teen die opkoms van sogenaamde “crimefluencers” – jong mans en seuns wat aanlyn misdaadnetwerke vorm en kwesbare meisies teiken in ’n verdraaide kultuur van...  Read More


Balsaal en monumentboog: Trump ontslaan kunskommissie

Pres. Donald Trump het al ses lede van ’n onafhanklike federale agentskap afgedank wat verantwoordelik is vir die beoordeling van sy omstrede Withuis-balsaal en beplande “Arc de Trump” in Washington...  Read More


Andrew onthaal seksmisdadigers in koninklike woning

In ’n nuwe onthulling, wat groot opspraak in die Britse koningshuis veroorsaak, is bevestig dat prins Andrew in 2006 drie berugte figure – Jeffrey Epstein, Ghislaine Maxwell en Harvey Weinstein – by...  Read More


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.