On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Pulane
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams
OFM NAMPO Park Kersmark 2025

OFM NAMPO Park Kersmark 2025 Venue: NAMPO Park, Bothaville

Kom vier die feestyd by die OFM NAMPO Park Kersmark, wat van 27 – 29 November 2025 by NAMPO Park buite Bothaville aangebied word.

Met meer as 100 uitstallers is daar iets vir almal – van geskenke, speelgoed, décor, meubels en kunsvlyt tot buitelewe-produkte, motorbykomstighede en jagtoerusting.

Smul aan iets lekker van die verskeidenheid kosstalletjies, terwyl die kinders in hul eie speelarea baljaar – met ‘n waterglybaan en springkasteel – sodat jy sorgeloos kan inkopies doen!

Die Willard Damesprogram word aangebied op die Donderdag en Vrydag in die Graan SA Medialokaal

Geniet ’n dag vol inspirasie, styl en vermaak:

  • Alda van der Merwe wys hoe om pragtige blommerangskikkings en feestelike Kerstafeldekke te maak.
  • Elzaan Gouws van Glamourgirl Aesthetics Studio deel haar wenke oor velsorg en grimering 1,2,3.
  • Frikkie van The Queens Table demonstreer heerlike voorgeregte en nageregte.
  • En vir die musiekliefhebbers – geniet sprankelende vermaak deur die Alabama Dream Band!
  • Elke dag wag daar ook ’n gelukkige trekking met fantastiese pryse om te wen!

Daar sal helikopter ritte op die Saterdag wees.

OFM gaan elke dag regstreeks vanaf die terrein uitsaai en OFM Closet sal daar wees met ‘n Pop Up shop.

Marktye

  • Donderdag, 27 November: 09:00 –18:00
  • Vrydag, 28 November: 09:00 –18:00
  • Saterdag, 29 November: 08:00 –14:00

Toegang: R30 vir volwassenes | Gratis vir kleuters onder 6.

Met trots aangebied deur Graan SA en OFM.

Uitstallers

Alle uitstaller-aansoekvorms moet teruggestuur word aan:
Wim Venter
wim@grainsa.co.za
079 9995367

Laai af: Uitstaller Aansoekvorms / Exhibitor Application Forms

View All

News

Moslem-sosialis word burgemeester van New York in slegte week vir Republikeine

In ’n suksesvolle verkiesingsweek vir die Demokratiese Party wat beskou word as ’n teken van Amerikaanse kiesers se ontevredenheid met pres. Donald Trump, het die stad New York sy heel eerste...  Read More


Andrew titel en woning kwyt; slagoffer se familie sê dis nie genoeg

Virginia Giuffre was ’n gewone Amerikaanse meisie wat nou ’n prins tot ’n val gebring het.  Read More


Polisie Doer Onder waarsku oor ‘crimefluencers’ wat kwesbare meisies aanlyn teiken

Die Australiese polisie waarsku ouers teen die opkoms van sogenaamde “crimefluencers” – jong mans en seuns wat aanlyn misdaadnetwerke vorm en kwesbare meisies teiken in ’n verdraaide kultuur van...  Read More


Balsaal en monumentboog: Trump ontslaan kunskommissie

Pres. Donald Trump het al ses lede van ’n onafhanklike federale agentskap afgedank wat verantwoordelik is vir die beoordeling van sy omstrede Withuis-balsaal en beplande “Arc de Trump” in Washington...  Read More


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.