Venue: NAMPO PARK, BothavilleVan 12 tot 15 Mei 2026 verander NAMPO Park buite Bothaville weer in die hartklop van Suid-Afrikaanse landbou – met die tema: “Veerkragtigheid deur innovasie!” – ‘n fokus op aanpassing, doeltreffendheid en praktiese oplossings in ‘n uitdagende Landbou-omgewing.
Van die jongste tegnologie en gevorderde masjinerie tot praktiese demonstrasies en vars idees – NAMPO is waar boere, bedryf en besigheid bymekaarkom om vorentoe te beweeg.
Verwag meer as 900 uitstallers, klimaatslim oplossings, digitale hulpmiddels en internasionale insigte wat plaaslik werk.
Die Graan SA en NAMPO-bestuur het die ernstige maar noodsaaklike besluit geneem om alle gesplete hoefdiere van NAMPO Oesdag 2026 uit te sluit weens die groeiende bedreiging van bek-en-klouseer, wat nader aan belangrike landboustreke versprei het. Besoekers kan wel uitsien na innoverende en interaktiewe uitstallings, kreatiewe rasuitstallings, opvoedkundige insigte oor siektevoorkoming en 'n volledige program met nie-risikodiere.
Wat wag vir jou elke dag? Van vroegoggend af is daar aksie regoor die terrein:
- 08:00 – 17:00: Interaktiewe bees- en skaapuitstallings in die Yara Animal Nutrition Beeskompleks en BKB Skaapkompleks (geen gekloofde hoefdiere teenwoordig)
- 10:00 & 14:00: Standard Bank 4x4-demonstrasies langs Stalletjie H1
- 11:00 & 15:00: Adventure Track side-by-side en quad demonstrasies oorkant Stalletjie G18
- 11:00 -17:00: “Die Wingerdhuis” proe- & eetlokaal, oorkant die Avontuurbaan naby Hek 2 met wynproe en verkope van Zorgvliet; Blaauwklippen; Vergelegen; Diemersfontein; Kloovenburg en Jakkalsvlei
- 09:30 – 14:30: Santam Landbou Vroueprogram in die Rooi Rose-tent langs Shell

Spesiaal (Dinsdag):
Boerplanne-kompetisie deur Graan SA, Omnia en Landbouweekblad by Stalletjie B2.
OFM saai elke dag regstreeks uit vanaf NAMPO Park met die jongste nuus, verkeersopdaterings en al die stories wat saak maak.
Kaartjies beskikbaar by opentickets.co.za.
Kry die volledige program hier: grainsa.co.za/pages/nampo/programme
OFM is ‘n trotse mediavennoot van die grootste landbou-uitstalling in die suidelike halfrond.
Roetes:
Vrystaat & Noordwes
Motoriste wat deur die Vrystaat en Noordwes reis, word versoek om uiters versigtig te bestuur weens vloedskade, ernstige slaggate, sinkgate, padwerke en verswakte padoppervlaktes op verskeie streekspaaie rondom Bothaville, Viljoenskroon, Welkom, Allanridge, Orkney en Kroonstad.
Die volgende padtoestande en waarskuwings is gebaseer op verslae van padgebruikers, plaaslike owerhede, landbou-organisasies en gepubliseerde roete-opdaterings.
R30: BOTHAVILLE – ORKNEY
- Die R30 tussen Bothaville en Orkney is tans OOP en word as een van die beter roetes in die gebied beskou.
- Motoriste moet steeds versigtig bestuur ná reën.
- Die R30 verbind Bothaville en Orkney via die Vaalrivier-oorgang.
R59: PARYS – VILJOENSKROON
- Die R59 tussen Parys en Viljoenskroon het talle slaggate en gedeeltes wat deur oorstromings geraak is.
- Sekere dele naby Viljoenskroon vereis herleidings weens water oor die pad.
- Verminder spoed aansienlik, veral snags.
R59: BOTHAVILLE – VILJOENSKROON
- Die R59 tussen Bothaville en Viljoenskroon het onlangs oorstromings ervaar naby Viljoenskroon Industria en die silo-gebied.
- Water het tydelik oor die pad gevloei en sluitings veroorsaak tydens swaar reën.
- Alternatiewe roetes sluit die R727 en R76 in waar nodig.
R30: BLOEMFONTEIN – ALLANRIDGE – BOTHAVILLE
- Oorstromings en padskade is aangemeld op gedeeltes van die R30 naby Allanridge en Welkom.
- Sekere gedeeltes was reeds tydelik gesluit weens gevaarlike toestande.
- Herstelwerk is voorheen naby Nyakallong en Allanridge gedoen ná ernstige vloedskade.
R719 / R700 / R30: BLOEMFONTEIN – WESSELSBRON – BOTHAVILLE
- Motoriste wat via Wesselsbron reis, word gewaarsku oor ernstige slaggate op dele van die R30, sowel as verbindingsroetes soos die R700 en R719.
- Wees ekstra versigtig tydens swak sigbaarheid en nat toestande
R76: KROONSTAD – VILJOENSKROON
- Die R76 tussen Kroonstad en Viljoenskroon word tans as relatief goed beskou.
- Hierdie roete word dikwels aanbeveel as alternatief vir beskadigde dele van die R59.
R76 / R30: KLERKSDORP – ORKNEY – BOTHAVILLE
- Motoriste vanaf Klerksdorp word aangeraai om die R30 via Orkney te gebruik weens ’n sinkgat naby Stilfontein.
- Sommige slaggate kom steeds op die alternatiewe roete voor, maar toestande bly rybaar.
R59: HOOPSTAD – BOTHAVILLE
- Die R59 tussen Hoopstad en Bothaville is steeds in baie swak toestand met wydverspreide slaggate.
- Uiterste versigtigheid word aanbeveel.
R727: BOTHAVILLE – KROONSTAD SKAKELROETE
- Die R727 dien steeds as ’n belangrike alternatiewe roete tussen die R30/R59 by Bothaville en die R76 na Kroonstad.
BELANGRIKE VEILIGHEIDSWAARSKUWINGS
- Uiterste versigtigheid word aanbeveel op grondpaaie ná onlangse reën.
- Water oor paaie kan diep slaggate of beskadigde oppervlaktes wegsteek.
- Vermy dit om deur staande water te ry indien die diepte onbekend is.
- Swaar voertuie moet spoed aansienlik verminder.
- Nagreise op beskadigde streekspaaie word ontmoedig.
Motoriste word aangemoedig om:
- Ekstra reistyd toe te laat
- Hoofligte aan te hou tydens reën of mis
- Veilige volgafstande te handhaaf
- Alle tydelike verkeerstekens en verkeersbeamptes te gehoorsaam
Free State & North West
Motorists travelling through the Free State and North West are urged to drive with extreme caution due to flooding damage, severe potholes, sinkholes, construction work and deteriorating road surfaces on several regional routes around Bothaville, Viljoenskroon, Welkom, Allanridge, Orkney and Kroonstad.
The following road conditions and advisories are based on reports from road users, local authorities, agricultural organisations and published route updates.
R30: BOTHAVILLE – ORKNEY
- The R30 between Bothaville and Orkney is currently OPEN and regarded as one of the better routes in the area.
- Drivers should still remain cautious after rain due to possible water damage and potholes.
- The R30 connects Bothaville to Orkney via the Vaal River crossing.
R59: PARYS – VILJOENSKROON
- The R59 between Parys and Viljoenskroon has numerous potholes and sections affected by flooding.
- Certain areas near Viljoenskroon have required rerouting due to water over the road.
- Motorists are urged to reduce speed significantly, especially at night.
R59: BOTHAVILLE – VILJOENSKROON
- The R59 between Bothaville and Viljoenskroon has experienced flooding near Viljoenskroon Industria and the silo area.
- Reports indicated water crossing the roadway and temporary closures during heavy rain periods.
- Alternative routes include the R727 and R76 where necessary.
R30: BLOEMFONTEIN – ALLANRIDGE – BOTHAVILLE
- Flooding and road damage have been reported on portions of the R30 near Allanridge and Welkom.
- Certain sections have previously been closed because of unsafe conditions.
- Authorities previously conducted reconstruction work near Nyakallong and Allanridge after severe flood damage.
R719 / R700 / R30: BLOEMFONTEIN – WESSELSBRON – BOTHAVILLE
- Motorists using the route via Wesselsbron are warned about severe potholes on sections of the R30, as well as connecting regional roads including the R700 and R719.
- Use caution in poor visibility and wet conditions.
R76: KROONSTAD – VILJOENSKROON
- The R76 between Kroonstad and Viljoenskroon is currently regarded as being in relatively good condition.
- This route is often recommended as an alternative to damaged portions of the R59.
R76 / R30: KLERKSDORP – ORKNEY – BOTHAVILLE
- Motorists travelling from Klerksdorp are advised to use the R30 via Orkney due to a reported sinkhole near Stilfontein.
- Some potholes remain on the alternative route, but conditions are considered manageable.
R59: HOOPSTAD – BOTHAVILLE
- The R59 between Hoopstad and Bothaville remains in very poor condition with widespread potholes.
- Extreme caution is advised.
R727: BOTHAVILLE – KROONSTAD LINK
- The R727 continues to serve as an important alternative route connecting the R30/R59 near Bothaville with the R76 towards Kroonstad.
IMPORTANT SAFETY WARNINGS:
- Extreme caution is advised on gravel roads after recent rain.
- Water across roads may conceal deep potholes or washed-away surfaces.
- Avoid driving through standing water if depth is unknown.
- Heavy vehicles should reduce speed significantly.
- Night-time travel on damaged regional roads is discouraged.
Motorists are encouraged to:
- Allow extra travel time
- Keep headlights on during rain or mist
- Maintain safe following distances
- Obey temporary traffic signage and traffic officials

