Venue: Hoërskool LichtenburgLichtenburg, maak reg vir ’n Vrydag vol aksie, lekker eet en ’n uitdaging wat behoorlik die sweet gaan laat loop!
Kom kuier op 9 Oktober 2026 by Hoërskool Lichtenburg se gimnasium en sportvelde vir ’n spesiale pretdag ten bate van Agri Securitas.
Mid-Morning Magic sal regstreeks vanaf die dag uitsaai.
Die groot trekpleister is die Taaiste Ysters vir Landbou-aflosuitdaging!
Spanne van verskeie instansies gaan hul staal wys terwyl hulle roei, op ’n trapmeul hardloop, en fietsry.
Kom kyk wie die pas kan volhou en moedig jou gunsteling span aan!
Daar sal ook heerlike hamburgers, worsbroodjies en pannekoek te koop wees.
En, jou skenking kan jou laat wen! Skenk R50 of meer en staan ’n kans op lekker pryse. Met elke donasie van R250 of meer kan jy ook ’n LekkeSlaap-geskenkbewys ter waarde van R5 000 wen!

