On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams
NAMPO Oesdag 2017

NAMPO Oesdag 2017 Venue: NAMPO Park, Bothaville

Hoor wat ‘raas’ op die plaas… die ‘OFM Klankplaas’! Vanaf 16 tot 19 Mei 2017 kom OFM na jou regstreeks vanaf NAMPO Park buite Bothaville vir die 51ste aflewering van Graan SA se NAMPO Oesdag!

Skakel 13:00 - 16:00 in op ‘At Lunch’ met Cyril Viljoen vir spesiale landbou-insetsels en onderhoude met die kenners.

Staan 09:00 - 13:00 ’n kans om te wen by die OFM Klankplaas by die buite uitsendingseenheid op die terrein! Luister na die klankgrepe en wen pryse na gelang van die hoeveelheid wat jy reg kan uitken. Daar’s ook daagliks (16 - 19 Mei 2017) R1000 op die spel, so maak seker jy maak ’n draai!

En, 07:00 – 08:00 en 16:00 – 17:00 hou die ‘Eye-In-The-Sky’ hou jou op hoogte van verkeer rondom NAMPO Park.

Sedert die eerste NAMPO Oesdag in 1967 gehou is, het hierdie toonaangewende agri-ekspo van krag tot krag gegaan. Met honderde uitstallers en derduisende besoekers beloof die 51ste aflewering van Graan SA se NAMPO Oesdag om weereens die hoogtepunt op Sentraal Suid-Afrika se landbou kalender te wees.

OFM is trots om deel te wees van Graan SA se NAMPO Oesdag met regstreekse uitsendings vanaf NAMPO Park, net buite Bothaville.

Vind meer uit oor NAMPO Oesdag hier: http://www.grainsa.co.za/pages/nampo/nampo-home


View All

News

Charlie Kirk: Verdagte glo in verhouding met transgender persoon

Die verdagte wat daarvan beskuldig word dat hy die regse aktivis Charlie Kirk doodgeskiet het, verskyn Dinsdag (16/9) in die hof. Hy was glo in ’n romantiese verhouding met sy transgender huismaat.  Read More


Charlie Kirk: Ons hét verdagte, sê Trump

’n Persoon is in aanhouding wat in alle waarskynlikheid die verdagte is na wie landwyd gesoek is ná die sluipmoord van die konserwatiewe aktivis Charlie Kirk, het pres. Donald Trump van die VSA...  Read More


FBI wys video, foto’s van Charlie Kirk se vermeende skieter

’n Man in swart geklee hardloop oor die dak vanwaar die skoot afgevuur is, spring verskeie meter na benede en verdwyn in ’n beboste gebied naby die kampus van die Utah Valley University in Amerika.  Read More


Charlie Kirk: Moordenaar nog soek, video skok wêreldwyd

Video’s van die skietery word wêreldwyd versprei en die polisie in die Amerikaanse deelstaat soek steeds na die konserwatiewe aktivis Charlie Kirk (31) se moordenaar.  Read More


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.