On Now
Weekends 09:00 - 12:00
Classic Sundays Tony
Show Background
NEXT: 12:00 - 16:00 Classic Sundays with Christie
Listen Live Streams
Gariep Kunstefees 2017

Gariep Kunstefees 2017 Venue: Oppenheimer Tuine, Kimberley

Encore! Dis Gariep Kunstefees van 31 Augustus tot 3 September 2017. OFM fees natuurlik saam met regstreekse uitsendings vanaf die feesterrein by die Oppenheimer Tuine, Donderdag tot Sondag.

Maak ‘n draai by die buite-uitsendingseenheid en ontmoet Cyril Viljoen (weeksdae 13:00-16:00), Shador Potgieter (Saterdag, 09:00-13:00) en WR van der Merwe (Saterdag, 13:00-16:00). Jy staan ook die kans om ‘n R1000 los te slaan met die #KomOnsFees speletjie. Pas die kunstenaar by die klankgreep en staan ‘n kans om te wen.

Intussen kreun die planke kunstig met Koöperasie-stories en Liewe Heksie. Kuier saam met Dana Snyman, Jannie Du Toit en Lochner de Kock, lag saam met Marion Holm, raak dramaties saam met Lizz Meiring en sing saam met Elvis Blue. Daar’s ook ‘n feestelike verjaarsdagviering saam met Juanita, Theuns en Soweto String Quartet. Verder op die musiekfront is daar ook Robbie Wessels, Snotkop, 4 Werke, BlackByrd, Majozi, Dr Victor, PJ Powers, ADAM en Refentse.

Bly ingeskakel op OFM vir onderhoude met die kunstenaars.

Kry die volledige program by www.gariepfees.co.za en kaartjies by www.computicket.co.za of Garden Court Kimberley.

OFM is ’n trotse mediaborg van die Gariep-kunstefees in Kimberley – Kom ons fees!

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.