Kinders het vergeet hoe om te speel. Tegnologie steel soveel vreugde, dit is tyd dat ons daadwerklik iets doen om hulle belangstelling in fisiese maats, kleur, vorm en beweging aan te wakker. Dit is my lewensdroom om hierdie 'n landwyd aksie te sien, daarom begin ek met die kinders speel met kuns. Daar is tans 40 kinders in ons klein dorpie wat Saterdag 8 Julie 2023 kom saamspeel. Hulle gaan almal saam onder andere 'n groot skildery maak, waarvoor die besighede lootjies kan koop of selfs 'n skenking kan maak, waarna die gelukkige wenner die skildery in sy besigheid gaan opsit sodat die kinders kan sien hulle werk word waardeer. Die geld wat ek insamel vir die skildery wil ek volgende keer gebruik vir die kinders wie se ouers nie my klasse kan bekostig nie. En daarna kom die ouers se beurt wat ook verleer het om te speel... Ek is Paulida Hutton.
Ope Kunsdag Vir Kinders
Venue: NG Kerk Gemeentesaal
| Event date: 08 July 2023, 06:38
| Area: Northern Cape
| City: Postmasburg
| Address: Jordaanstraat, Postmasburg, 8420, Noordkaap
| Contact Number: 0827729388
| Contact Email: ida@dieverfwinkel.co.za
Advertisement
Advertisement