Die Hervormde Gemeente Doringkruin in Klerksdorp se jaarlikse Basaar vind plaas op Vrydag 30 Mei. Ons begin die oggend met heerlike plaasontbyte om 6:00 en is die gebruiklike basaar lekkernye kosstalletjies beskikbaar vanaf 8:00. Daar is genoeg van al die kossoorte om vir die mense na hul werksdag tot 18:30 iets lekkers aan te bied vir aandete. Bestellings kan ook voor 27 Mei geplaas word, veral besighede en skole is welkom, vir aflewering of self afhaal, terme en voorwaardes geld. Ons het ook weer ‘n veiling vanaf 16:00. Kaartfasiliteite is beskikbaar en kan jy ook kontant onttrek. Uitstallers is ook welkom, 3x3 staanplek is gratis. Ons kuierlapa wag vir jou, kom en geniet die dag saam met vriende en familie! Kontak die kantoor by 018 468 5545 of Hanrie by 083 463 2014 vir meer inligting.
Basaar Hervormde Gemeente Doringkruin Klerksdorp
Venue: Basaar NHK Doringkruin
| Event date: 30 May 2025, 08:00
| Area: North West
| City: Klerksdorp
| Address: 52 Boekenhout Street, Doringkruin, Klerksdorp
| Contact Number: 0834632014
| Contact Email: nhkdoringkruin@telkomsa.net
Advertisement
Advertisement