Agri Postmasburg nooi alle boere, landbourolspelers, besighede en belangstellendes om die Agri Postmasburg Opedag op 17 September 2026 om 08:30 by Soetfontein, Postmasburg by te woon. Die tema van die dag is “Kennis, Innovasie, Volhoubaarheid, Toekoms” en fokus op die uitdagings en geleenthede wat die moderne landboubedryf vorm. Die opedag bied 'n unieke geleentheid om na vooraanstaande sprekers uit verskeie sektore van die landbou en besigheidswêreld te luister. Sprekers sluit in Dr Roelof Botha, bekende ekonoom; Pieter du Toit, ondersoekende joernalis en adjunk-redakteur van News24; Dr De Wet Barnard, veearts en voerkraalkundige; asook Pieter Groenewald, Dewald Olivier, AJ du Plessis en Charl du Plessis, wat elk waardevolle kennis en praktiese ervaring sal deel. Die program word gefasiliteer deur Pieter Moller. Onderwerpe wat bespreek sal word sluit in ekonomiese vooruitsigte, nuwe landboutegnologie, dieregesondheid, bemarking, risikobestuur, volhoubare produksie en ander aktuele landbousake. Deelnemers sal die geleentheid hê om nuwe idees op te doen, met kundiges te skakel en waardevolle kontakte in die bedryf te bou. Toegang beloop R150 per persoon, etes ingesluit. Vir verdere navrae, kontak agripostmasburg@gmail.com of Jim Bredenkamp 083 679 7333. Wees deel van ’n inspirerende dag wat fokus op die toekoms van landbou in die Kalahari en die Noord-Kaap.
Agri Postmasburg Opedag
Venue: Soetfontein, Postmasburg
| Event date: 17 September 2026, 08:30
| Area: Northern Cape
| City: Postmasburg
| Address: Plaas te Soetfontein, Postmasburg Noordkaap
| Contact Number: 083 679 7333
| Contact Email: agripostmasburg@gmail.com
