Other News
Sportnuus - Donderdag 20/01/11─── 09:24 Thu, 20 Jan 2011

Met 'n maand oor voor die 2011 Internasionale Krieketraad Wêreldbeker, is Krieket Suid-Afrika in 'n krisis gedompel . Die uitvoerende komitee van KSA het 'n mosie van wantroue teen sy president, Mtutuzeli Nyoka, ingestel. Die federasie het gister 'n kennisgewing ontvang vir 'n spesiale algemene vergadering binne 21 dae. Die enigste item op die agenda is die mosie van wantroue. Nyoka en van die sport administrateurs het sedert verlede jaar koppe gestamp. Hy het gevra vir 'n eksterne ondersoek na bonusse wat aan die federasie se uitvoerende hoof, Gerald Majola, en 39 ander personeellede uitbetaal is. Die bonusse is uitbetaal vir Suid-Afrika se suksesvolle aanbieding van die Indiese Primierliga en die IKR Kampioene-trofee toernooie. 'n Interne ondersoek het Majola later vrygespreek op alle aanklagte wat met wanbesteding van fondse verband gehou het.
Bloemfontein Celtic het sy onoorwonne tuis-rekord in die Premierliga behou met ‘n 1-elk uitslag teen Mamelodi Sundowns gisteraand in die Seisa Ramabodu Stadion. Die groot vraag is nou of hulle dit kan volhou wanneer hulle Sondag, ook in Seisa, teen Kaizer Chiefs te staan kom. Afrigter clinton Larson het gese, na sy span se goeie vertoning gisteraand, gaan hulle Sondag se wedstryd vol selfvertroue binne….
Ander uitslae van wedstryde wat gisteraand gespeel is: Maritzburg Utd 3 Ajax Cape Town 0; Swallows 3 Black Aces 1; Platinum Stars 1 Wits 0; Santos 1 Vasco Da Gama 0; SuperSport United 0 Free State Stars 0; Arrows 0 Pirates 2; Chiefs 3 AmaZulu 1.
Die Knights se SuperSport Reeks-wedstryd teen die Lions begin vanoggend op die Outsurance Oval in Bloemfontein, en net hul trots is op die spel, aangesien hulle in die vyfde plek is, met die reeks wat einde se kant toe staan. Vyf veranderings is gemaak aan dier span wat verlede week in Kimberley op die Diamond Ovl teen die Warriors verloor het. Die span sal ook die wedstryd moet gebruik om te slyp vir die Pro20-reeks wat vroeg in Februarie begin.
Die Suid-Afrikaanse fietsryer Carla Swart is dood nadat ‘n vragmotor haar getref het tydens ‘n oefenrit op die pad na Marquard in die Vrystaat. Die spanbestuurder van FSA, Barry Austin, het gesien hoe die ongeluk gebeur. Hy het gesê Swart het haar fietsryrekenaar verloor en omgedraai om dit op te tel, reg in ‘n aankomende vragmotor in. Sy is op pad na die hospitaal dood.
Sportnuus - Donderdag 20/01/11: