Rugby
Heyneke: Bokke staan te veel strafskoppe af─── 06:18 Mon, 19 Nov 2012
Springbokafrigter, Heyneke Meyer, sê hoewel hy tevrede is met die Bokke se oorwinning oor Skotland die afgelope naweek in Edinburgh, sy span hopeloos te veel strafskoppe afgestaan het.
Liezl Liebenberg
Springbokafrigter, Heyneke Meyer, sê hoewel hy tevrede is met die Bokke se oorwinning oor Skotland die afgelope naweek in Edinburgh, sy span hopeloos te veel strafskoppe afgestaan het. Die Suid-Afrikaners het die 22ste kragmeting tussen die twee lande met 21-10 op Murrayfield gewen. Die Bokke was rustyd 14-3 voor, maar die Skotte het gedurende die tweede helfte die Suid-Afrikaners se karakter en veggees getroef. Meyer het sy spelers vir hul verdediging geloof, maar gesê die baie strafskoppe het die span onder druk gesit.
Die Suid-Afrikaners het intussen in Londen aangekom, waar hulle Engeland die naweek op Twickenham in die derde en laaste toets op hul jaareind-toer die stryd aansê.
Saru
Die Suid-Afrikaners het intussen in Londen aangekom, waar hulle Engeland die naweek op Twickenham in die derde en laaste toets op hul jaareind-toer die stryd aansê.
Saru
Heyneke Meyer: Span het te veel strafskoppe afgestaan:
