On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

National

Robert McBride vrygespreek op dronkbestuur en poging tot regsverydeling

───   14:17 Thu, 28 Mar 2013

Pretoria – Robert McBride, voormalige Ekurhuleni-metropolisiehoof, is Donderdagoggend in die Pretoriase hooggeregshof vrygespreek op die klagtes van dronkbestuur en poging tot regsverydeling waarvoor hy vroeër tot vyf jaar tronkstraf gevonnis is.

McBride het teen sy skuldigbevinding en vonnis van September 2011 geappelleer en regter Cynthia Pretorius het in dié verband uitspraak gegee.

"Dit is die hof se bevinding dat die staat geen van die klagtes teen die beskuldigde bo redelike twyfel kon bewys nie," het Pretorius gesê.

Sy het gesê die getuienis van McBride se drie kollegas wat hom op die betrokke aand bygestaan het, moet verwerp word aangesien hulle eers McBride se weergawe ondersteun en toe op dieselfde dag 'n "skielike ommekeer" van getuienis gehad het en gesê het dat McBride wel dronk was nadat hulle vrywaring van vervolging gekry het in 'n poging tot moord saak en staatsgetuies gedraai het.

Pretorius het bevind McBride se verskeie "vreemde aksies" soos om rond te ry om verskillende mediese sertifikate by dokters te kry, kan op die moontlikheid dui dat hy wel dronk was en dit probeer verdoesel het.

"Dit is egter nie genoeg om iemand skuldig te bevind nie. Die staat moes dit steeds bo redelike twyfel kon bewys, en hulle het dit nie gedoen nie," het sy bevind.

Nuus24

More from National

You May be Interested in

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.