On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan OFM
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

Yellow Door

Jan Braai deur die sleutelgat

───   06:00 Fri, 24 May 2013

Jan Scannell, oftewel Jan Braai, die dryfveer agter Nasionale Braaidag. In sy eerste boek, Vuurwerke, verduidelik Jan wat jy alles omtrent braai behoort te weet.


Watter sintuig speel die grootste rol in jou lewe
Definitief my sesde sintuig.

Beste kinderherinnering

Om elke middag uit die skool uit te stap.

Death row-maaltyd
Ek sal begin met voorgeregte van seekos. Dinge soos sushi, prawns, kreef, perlemoen.
Hoofgereg sal beesstertpotjie, gebraaide skaaptjops en ‘n lekker kerrie wees.
Vir nagereg sal ek malvapudding en Crème Brulee eet.


Jou grootste tekortkoming
Ek hou daarvan om my hare sowel as my naels kort te hou.


Kosbaarste besitting
Ek is nie baie spandabelrig nie, so besit meestal goed wat ek met gemak kan bekostig om te vervang sou dit weg wees. So dit gaan oor die effort om dit weer in die hande te kry. Binne daai konteks is my gunsteling jeans en ‘n lekker paar leerskoene wat reg pas nogal hoog op die lys. Tans is ek op my derde iPhone en dit het ook nogal die manier waarop my dae verloop verander. Dit is net eenvoudig nie meer regtig nodig vir my om vreeslik gereeld agter ‘n lessenaar te sit nie.


Wat verveel jou
Wildskykritte waarop mens nie wild sien nie.

Die trotsste oomblik van jou lewe
Ek is nogal trots op hoe baie Nasionale Braaidag die afgelope paar jaar gegroei het. Daai beginjare toe niemand eintlik verstaan het wat ek bedoel met dit nie, en om ‘n dag te skep waarop die hele land net lekker saam kan feesvier, was partykeer nogal taf.


Noem een ondeug
Ek het nogal ‘n droë sin vir humor so hou daarvan om soms strooi te praat met mense en te maak of ek ernstig is.

Wat maak jou bang
Wanneer ‘n restaurant se spyskaart te groot is. Geen restaurant of chef kan alles lekker maak nie, so ek verkies restaurante met ‘n lekker kort een-bladsy menu, waar die chef ‘n paar geregte maak en almal van hulle fantasties is. Daai groot, dik spyskaartboeke maak my bang, want by die bestelslag is dit soos ‘n lottery.

In watter land, buiten SA sou jy graag wou woon en hoekom
Ek woon heel lekker in die beste land in die wêreld dankie.

More from Yellow Door

You May be Interested in

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.