On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Laurika
Listen Live Streams

Central SA

BlueRock ontgin hul grootste diamant nóg in NK

───   15:15 Wed, 18 Aug 2021

BlueRock ontgin hul grootste diamant nóg in NK | News Article

Die Verenigde Koninkryk-gebaseerde BlueRock Diamonds het 'n 58,6 karaat diamant by sy Kareevlei-myn, 100 kilometer noordwes van die Noord-Kaapse hoofstad Kimberley, ontgin - die maatskappy se grootste diamant tot nog toe.

Die Kareevlei-myn is naby Daniëlskuil geleë en beslaan 3 000 hektaar in oppervlakte, met vyf diamantagtige kimberlietpype wat na raming minstens 359 000 karaat kan oplewer. Die jongste vonds is meer as 'n dekade sedert BlueRock Diamonds die mynregte op Kareevlei by die Australiese Tawana Resources bekom het, wat sedert 2000 in die gebied begin ontgin het. 

Die mynmaatskapy sê dit is die grootste vonds tot nog toe by die myn en dat meer as tien diamante van gehalte in die afgelope vier jaar hier ontgin is. In 2019 is 'n diamant van 24,98 karaat by die myn ontgin. Dit is vir R2,8 miljoen op 'n veiling verkoop. Die nuutste diamant is volgens die myn meer as dubbeld die grootte van die 2019-vonds en is as 'n D-graad geklassifiseer. 

Die diamant bevat ook gevlekte sulfied-indringings wat die finale prys sal beïnvloed. Die uitvoerende voorsitter van die myn, Mike Houston, se die jongste ontdekking kom 'n week nadat 'n diamant van 21,56 karaat van buitengewone kwaliteit hier ontdek is. Houston sê albei die diamante sal vandeesmaand verkoop word.


OFM-nuus/Roderick Titus



@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.