On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Ouer inwoners in Heidedal toegewyd om te stem

───   13:09 Mon, 01 Nov 2021

Ouer inwoners in Heidedal toegewyd om te stem | News Article

Die ouer mense in die gemeenskap van Heidedal, Bloemfontein, in die Vrystaat, is steeds gemotiveerd om te stem in die 2021 plaaslike munisipale verkiesing.

OFM-nuus praat met 'n ouer man wat sê dat hy gemaklik voel om te stem, aangesien dit sy reg is. Hy sê sy enigste wens is dat die politieke spanning en twis onder politieke partye tot 'n einde sal kom en dat hulle sal fokus op voldoende dienste. Volgens hom is dienslewering belangrik en dit raak elke persoon in Heidedal bly direk.

Hy voeg by dat die korrupsie en twis in politieke partye verwarring veroorsaak in die kiesers se denkwyse.

"Nou weet jy self nie, jy wat 'n kieser is, vir wie om te stem nie. Jy stem nou vir die mense wat so geld steel. Ons verwag nie geld van hulle af nie, ons verwag net dat hulle hul dienste moet lewer en dat hulle waterpype lê soos wat dit moet gelê word sodat ons erwe nie vol water staan nie," sê hy.

Volgens hom wil hy graag hê die opkomende wenpartye moet net dienste lewer en dat hullle proaftief met hulle planne van aksie moet wees.


OFM-nuus/Kekeletso Mosebetsi and Lee Simmons

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.