World News
Justin Bieber vas oor dronkbestuur, onwettige straatresies─── 06:22 Fri, 24 Jan 2014
Miami Beach - Die polisie in Miami Beach het bevestig dat die sanger Justin Bieber Donderdag in hegtenis geneem is nadat hy glo aan 'n onwettige straatresies deelgeneem het terwyl hy glo onder die invloed van alkohol en dwelmmiddels was.
WTVJ in Miami berig hy het met 'n gehuurde Lamborghini gery.
Die 19-jarige se verteenwoordigers en prokureur het nog nie kommentaar gelewer nie.
Sersant Bobby Hernandez, woordvoerder vir die Miami Beach-polisie, het aan NBC Miami gesê die voorval het omstreeks 04:00 plaasgevind en Bieber het nie sy asemtoets op die toneel geslaag nie.
Raymond Martinez, hoof van die polisie, het aan die Miami Herald gesê 'n toets het aangetoon Bieber was onder die invloed van dwelmmiddels. Bieber het glo erken dat hy dagga gerook, alkohol gebruik en voorskrifmedikasie gebruik het.
Bieber het glo ook sy inhegtenisneming sonder geweld teëgestaan.
Volgens 'n polisiebeampte het die twee betrokke motors tussen 88 en 96 km/h in 'n 50 km/h-sone gery. Die tweede voertuig was glo 'n rooi Ferrari wat moontlik deur een van Bieber se vriende bestuur is.
Volgens die dossier wat die polisiedepartement op sy Twitter-rekening publiseer het, het Bieber se Georgia-rybewys boonop verval.

Euronews