Local News
Vrou vermoor, moontlik verkrag in VS─── 09:42 Wed, 26 Feb 2014
Virginia - Die liggaam van 'n 57-jarige vrou is vanoggend in haar woonstel in Virginia in die Vrystaat gevind.
Mamello Mokhuoane, 'n Vrystaatse polisiewoordvoerder, sê die huishulp het omstreeks 07:45 vir werk aangemeld en onraad vermoed toe die slagoffer nie die deur oopgemaak het nie.
Die vrou het in 'n woonstel in Highland Court in Virginia gebly. Die huishulp het die eienaar van die woonstelblok ontbied om toegang tot die eenheid te bekom.
Die slagoffer se liggaam is kaal op die grond in 'n plas bloed aangetref met 'n steekwond aan haar linkerhand. Haar keel is ook gesny.

Mokhuoane sê die polisie vermoed dat die vrou seksueel aangerand is, en haar naam mag gevolglik nie bekend gemaak word nie. 'n Nadoodse ondersoek word gedoen om die vermoede te bevestig. Die vrou se naasbestaandes is reeds van haar dood ingelig.
Die polisie ondersoek 'n saak moord en moontlike verkragting.

SAPD-verklaring