On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Familie geskok oor wrede aanval op bejaarde egpaar van Trompsburg

───   CHRISTAL-LIZE CHRISTAL-LIZE 06:29 Mon, 09 Jun 2014

Christal-Lize Muller
Trompsburg - Familielede van die egpaar van Trompsburg in die Vrystaat wat die naweek deur twee rowers in hul huis oorval, aangerand en die vrou met kookwater gebrand is, is geskok oor die wreedheid van die aanval.
 
Dit kom nadat 'n huiswerker gister op die 62-jarige, Gerhard de Jager, en sy 64-jarige vrou, Nydia, in hul huis afgekom het. Hulle was albei vasgebind.
 
Die verdagtes het Nydia aangerand en kookwater oor haar hande en rug gegooi. Gerhard is onder hul bed in die hoofslaapkamer gevind. Hy is nie ernstig beseer nie.
 
Nydia se swaer, Henri Scott, sê die aanval kom as 'n groot skok omdat die egpaar betrokke by hul gemeenskap is en baie vir hul medemens omgee.

Volgens Scott word die egpaar albei in Mediclinic Bloemfontein behandel.
 
Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek 'n klag van aanranding en huisroof. Altesaam R2 000 en 'n selfoon is gesteel.



Podcasts

Henri Scott:

More from Local News

You May be Interested in

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.