Local News
Bloemfonteiners ontstoke oor sirkus─── 17:09 Sat, 27 Sep 2014
Duane Petrus Bloemfontein - ‘n Groep inwoners van Bloemfontein beskuldig die Windmill Casino en die organiseerders van 'n sirkusskou wat vanaand daar plaasvind van dieremishandeling.
Dié groep sê die diere wat deel is van die Brian Boswell sirkus lewe in haglike toestande, word geslaan en in klein hokkies aangehou.
Dit is die derde agtereenvolgende jaar dat hulle die sirkus boikot.
Hulle sê ook vuurwerke wat die Casino op hul jaarlikse verjaardag vieringe op 1 November afvuur is gevaarlik vir honde in die omgewing.
Alta Jooste sê talle internasionale sirkuse maak nie gebruik van diere nie en is steeds suksesvol.
'n Groep Bloemfonteiners betoog teen 'n sirkus by die Windmill Casino.: