On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: SA tabak-oes van hoogstaande gehalte

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:28 Wed, 03 Jun 2020

Landbounuus-podcast: SA tabak-oes van hoogstaande gehalte | News Article

Die Suid-Afrikaanse tabak-oes is dié seisoen van hoogstaande gehalte.


Dit is volgens Francois van der Merwe, 'n tabakboer en 'n direksielid van Limpopo Tobacco Processors in Rustenburg in Noordwes, wat meen die land het ook van die beste tabakboere ter wêreld. Hulle kan onder die moeilikste klimatologiese toestande steeds met die wêreld se beste tabakboere kompeteer. Daarom word plaaslike tabak in prima handelsmerke verbruik. Van der Merwe sê die binnelandse mark is uitstaande en saam met die goeie oes is die Suid-Afrikaanse regering in die proses om dié bedryf nou te kniehalter. Hy meen die plaaslike tabakbedryf se besigheid loop dood weens die verbod op tabakprodukte weens die Covid-19-inperkingsmaatreëls. Die verbod moet dringend opgehef word vir wettige tabakhandel of sluikhandel gaan dié bedryf in geheel kelder.

EN

Die produksie van diereproteïene vorm 'n groot deel van die Suid-Afrikaanse ekonomie, maar daar is bestaande geleenthede wat oorweeg kan word in terme van alternatiewe plantproteïene. Chris Potgieter, hoof van privaat-kliënte sekuriteite by Old Mutual Wealth, sê dié alternatiewe proteïene, wat plant-ekstrak en gefermenteerde proteïene insluit, is nie 'n nuwe verskynsel in die wêreld nie. Hy sê in terme daarvan beskik die wêreld, insluitende Suid-Afrika, oor die nodige insig en daarom is daar gulde geleenthede uit 'n beleggers- en produksie-oogpunt vir dié alternatiewe proteïene. Dit is in sy mening binne Suid-Afrika se bereik, maar die geleenthede moet net raakgesien word.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.