On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Trekkerverkope toon toename

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 10:19 Fri, 07 Aug 2020

Landbounuus-podcast: Trekkerverkope toon toename | News Article

Trekkerverkope in Julie vanjaar het 'n toename getoon.


Die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerie-vereniging se dr. Jim Rankin sê  die 444 eenhede wat verkoop is verlede maand is 21% meer as die 368 eenhede wat verlede jaar gedurende dieselfde tydperk verkoop is.  Hy sê trekkerverkope sover vanjaar is slegs 3% laer teenoor dieselfde tydperk verlede jaar. Daarmee saam het stroperverkope in Julie vanjaar ook 'n toename getoon. Altesaam 11 eenhede is verkoop en dit is  drie eenhede meer as die agt eenhede  wat verlede jaar gedurende die ooreenstemmende tydperk verkoop is. Rankin sê stroperverkope vanjaar is bykans 8% hoër as verkope in dieselfde tydperk verlede jaar. Hy meen die positiewe verkope word gedryf deur die onsekerheid oor die waarde van die Rand. Dit kom daarop neer dat potensiële kopers bestaande voorraad aankoop voor die onafwendbare prysverhogings later vanjaar kan voorkom.  Nog 'n bydraende faktor is die goeie somergraanoes,  terwyl die vooruitsigte vir wintergewasse en die komende somergewasseisoen bemoedigend lyk.  

EN

Meer as 3000 mense het reeds vir TLU SA se virtuele optog teen plaasmoorde geregistreer, maar nog meer mense word aangemoedig om daaraan deel te neem. Henry Geldenhuys, adjunk-president van dié organisasie, sê daar is nog tyd om daarvoor te registreer. Dié inisiatief,  wat volgende Vrydag aanlyn plaasvind, het ten doel om druk op die regering te plaas sodat daar nou daad-werklik teen dié misdrywe opgetree kan word. Daar gaan ook tydens dié virtuele staptog 'n geleentheid wees vir mense om te reageer en kommentaar te lewer oor dié tragiese kwessie in die land. Buitelanders se deelname word ook aangemoedig. Geldenhuys sê dié organisasie besef dat 'n veldtog of protesoptog van dié aard nie misdaad in Suid-Afrika kan stop nie, maar dit is belangrik om bewusmaking daarvan te kweek. Hy sê dié virtuele protesoptog teen aanvalle op plase en kleinhoewes is 'n ideale platform vir alle Suid-Afrikaners om hul stem te laat hoor. Besoek tlu.co.za vir meer inligting en om te registreer.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.