On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Agri Credit Solutions - Senwes kliënte se vennoot in besigheid

───   08:50 Fri, 13 May 2022

Sponsored08:50 Fri, 13 May 2022
Agri Credit Solutions - Senwes kliënte se vennoot in besigheid | News Article

Agri Credit Solutions is ‘n vennoot in besigheid vir kliënte by Senwes. As ‘n agri-besigheid verstaan hulle die uitdagings wat produsente in ‘n onsekere ekonomiese klimaat in die gesig staar asook die impak van ‘n onvergewensgesinde natuur.

Agri Credit Solutions bied ‘n reeks uitgebreide en buigbare produkte en dienste ten einde ondersteuning en gemoedsrus te bied deur middel van:

  • Geïntegreerde somer en winter produksiekrediet,
  • Termynlenings vir kliente wat met ons Handel en Graanbesigheid doen,
  • Landbou ekonomiese dienste,
  • Batefinansiering,
  • Agri- en bateversekering deur Certisure.

Agri Credit Solutions se primêre rol is die verskaffing van finansiering aan kliente om produksie-insette deur Hinterland te koop en ook om ander handelsbesigheid met Hinterland te doen. 

Verder fasiliteer Agri Credit Solutions ook die uitbetaling en aanwending van graanverkope deur Grainlink om totale transaksionering vir die kliënt te vergemaklik – dus vanaf die aankope tot die lewering van graan en betaling van hul rekening. 

Agri Credit Solutions wil graag so veel as moontlik van die Senwes Groep se dienste aan kliente beskikbaar stel. Hulle kan ons baie buigsame en kompeterende finansiering fasiliteer, op ‘n individuele basis.

Hoe meer besigheid ‘n kliënt met die Senwes Groep doen, hoe beter kan sy produkaanbod lyk. Die volume besigheid word verder gekomplimenteer deur Senwes se Agri Rewards program.

Jaco de Waal het met Francois de Kock, die Uitvoerende Bestuurder van Agri Credit Solutions, gesels oor waaroor Agri Credit Solutions gaan. Luister hier: 


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.