Babbelgum vir die Siel
Heerlike Pampoentert─── 08:37 Sat, 27 Jul 2013


Klits saam:
125 g margarien
200 ml suiker
3 eiers
Sif saam en voeg by eerste mengsel:
250 ml koekmeelblom
15 ml bakpoeier
2 ml sout
Voeg by boonste mengsel:
3 koppies koue, gaar pampoen (botterskorsie)
1 t vanieljegeursel
Plaas in glasbak en bak vir 40 minute teen 190 ºC.
Sous:
1 koppie suiker
1 t vanieljegeursel
3 eetl margarien
1 blik Ideal melk
Kook die sous vir 5 minute en giet oor die warm tert sodra dit uit die oond kom.
Foto: dinnerwithkirsten.com