On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret and John
Listen Live Streams

The Delightful Blog

According to André: En toe was dit winter

───   14:17 Thu, 07 Apr 2016

According to André: En toe was dit winter | News Article

”There is no such thing as bad weather, only the wrong clothes.”

Winter het deur die jare nie die beste bemarking gehad nie. Winter is sinoniem met hartseer en smart. In rolprente is lente die tyd van nuwe liefde; somer is dit strand toe; herfs word geraam in die warm kleure van die blare wat afwaarts dartel; maar winter…… winter is die liefde, gebroke, die strand is lank vergete en niks is warm nie.

Maar winter het baie pluspunte: jy kan jouself omhels in komberse en weer lekker slaap. As jy iemand spesiaal het om daai kombers mee te deel, is dit nog beter. Ná die maande van somerhitte is dit lekker om te “cuddle” al is dit nie baie “macho” om te erken nie.

‘n Mens se spyskaart verander ook in die winter. In plaas van slaaie en ligte kos, kan jy weer lekker bredies, soppe en “comfort food” geniet. En ná die lekker eet kan jy die ekstra sentimeters wegsteek met truie en serpe wat vir jou wag in daardie winterkas wat uitgepak moet word.

In die verlede was rugby ook die sport van die winter - dis hoekom hulle truie dra - en kom ons wees nou eerlik, niks is meer Suid-Afrikaans as rugby, jag en biltong wat ook in die winter geniet word nie. Dit volg dan dat ons wintermense is, of hoe?

Die Skotse komediant Billy Connolly het gesê: ”There is no such thing as bad weather, only the wrong clothes.” So, dié winter, vergeet die slegte bemarking en geniet alles wat dié seisoen “great” maak.

Image title

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.