On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan OFM
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

The Vine

Desember vakansie - Die lekker en sleg - Gareth se eerste Vakansie

───   11:02 Mon, 04 Jan 2016

Desember vakansie - Die lekker en sleg - Gareth se eerste Vakansie | News Article

Soms gaan dinge goed en soms nie so goed nie, meestal goed, genadiglik.

Die plan was heeltyd om vir my Ma te gaan kuier by die see, maar toe kry my man nie verlof nie. My hart was seer. Kersaand besluit ons toe maar dat ek en ons baba, Gareth, af see toe vlieg om 'n paar dae te kuier. Great! Ek was in ekstase!

Gareth het sy eerste vlug soos 'n wenner hanteer! (Okay, hy het so bietjie gehuil, maar net tot hy uitgepass het)

Image title
Dit was wel nog so 2 ure in die kar tot ons by Ouma se huis aangekom het (gelukkig was dit vroeg, en Gareth hou van slaap, soms)

Image title
Gareth het die see ook ontmoet
Image title
Gareth kon ook saam sy Oumagrootjie ontspan

Image title

En toe breek my Ma haar enkel! Dit het ons see uitstappies in hospitaal besoeke verander. Na twee dae was Ouma darrem terug by die huis!

Image title
En gister het Gareth se eerste tand gesny! Hy wou wel nie oopmond pose nie.

Image title
Ouma sterk aan by ons op die oomblik, so Gareth kuier nou baie lekker saam sy See-Ouma :)

Dit is die kort weergawe van ons vakansietjie!

Ek hoop jy het af gehad en kon bietjie ontspan en uitspan!

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.