Yellow Door
Wanneer prente jou pelle is─── DANE BEISHEIM 13:26 Sat, 15 Jun 2013

Dane Beisheim was baie ongelukkig met die nuutste Iron Man fliek. Hier is die redes hoekom.
Diegene wat my goed ken sal weet dat ek ’n self-erkende, patologiese strokiesprentverslaafde is. Dit kom al vandat ek oud genoeg was om te kon lees en ’n comic vas te hou. D.w.s. in die oertydperk voordat comics en film-weergawes daarvan enigsins as cool bestempel was. Die laat 80’s en vroeë 90’s was ’n hartseer tyd vir tienderjariges soos ek gewees... Glo dit of nie, maar op daardie tydstip in menseheugenis kon jy openlik bespot word as iemand van jou portuur jou met ’n comic gewaar het. Jy sou vir ewig (of ten minste tot en met die einde van jou skoolloopbaan – wat soos ’n ewigheid vir die gemiddelde tiener voel) die brandmerk van “nerd” moes dra. Instansies soos die kerk of jou skool se bestuur was miskien selfs oortuig dat comics ’n bron van boosheid en slegte invloede was. Ek onthou die Teenage Mutant Ninja Turtles het spesifiek onder fel kritiek deurgeloop.
Dit is hoekom comics altyd in afsondering gelees was in donker kamers met dowwe flitsligte, en jy in privaatheid jouself kon vergaap aan die nuutste avonture van die spitsvondige biljoenêr wetenskaplike Iron Man, die edele Superman vanaf die planeet Krypton, Gotham City se peinsende Batman (my persoonlike gunsteling) en al die ander superhelde wat deel uitgemaak het van die Marvel en DC wêrelde. Vir talle wanaangepaste bleeksiele soos ek self was hierdie ouens, met hul bultende spiere en magtige intellekte, telke male die templaat vir hoe jy wou wees en sommer ook die enigste vriende wat jy gehad het. Wanneer Spiderman besig was om sy beminde rooikop Mary-Jane te beskerm en te veg tot die dood teen sy aartsvyand – die bose en misvormde spieëlbeeld van homself genaamd Venom – dan het jou eie dag van boelies gewyk en alleen jou Marmite toebroodjies agter die busloods eet nie meer so kak gevoel nie.
Benewens die ontvlugting wat gebied is deur comics was daar ook altyd ’n ander vermaaklikheidsmedium vir die eensame massas van die wêreld– film! Indiana Jones, Star Wars (Let wel, die eerste drie. Die nuwes tel nie, want George Lucas het sy siel vir geld verkoop – meer hieroor later), en soveel ander het ure se kykgenot verskaf! Die Heilige Graal was egter om jou gunsteling helde en booswigte op die silwer doek te kon sien! Kwaliteit filmverwerkings van ons geliefde comics was egter yl gesaai. Die Superman konsessie met Christopher Reeves was okei, maar enige hoop van ’n verdere opvolg is tesame met Reeves se loopbaan aan skerwe gelaat na die akteur se tragiese perdry-ongeluk wat hom ’n parapleeg gelaat het. Tim Burton het vir ons twee stylvolle Batman films gegee, maar daarna was dit etlike jare voor ons weer Bruce Wayne se alter-ego in aksie sou sien. Wat kry ons toe? Joel Schumacher se vlak, kinderagtige interpretasie van my gunsteling held kompleet met rubber tepels op sy uitrusting. Hoekom Joel? In hemelsnaam hoekom?
Die gedagte dat ’n Avengers fliek ooit gemaak sou word was bloot ’n koorsige natdroom, selfs meer onwaarskynlik as buite-ruimtelike robot-bere wat die Aarde besoek en al ons salm met lasers van ons af wegneem. Toe verander alles! In die jaar 2000 verskyn die eerste X-men film (’n volle SES jaar na 20th Century Fox die vervaardigingsregte aangekoop het om die fliek te maak) en dit was om die minste te sê hemels! Hier het ons ’n film gehad met bleddie goeie special effects, ’n storie grotendeels getrou aan die bronmateriaal (Ek kon daarmee saamleef dat Wolverine se kostuum nie geel was nie) en met talentvolle akteurs wat hulself goed van hul taak gekwyt en geloofwaardige vertonings gelewer het. Ons het onder meer Sir Patrick Stewart (oftewel Kaptein Jean-Luc Picard van Star Trek-faam) te siene gekry as Proffesor X. Wetenskapsfiksie nerds regoor die wêreld het spontaan weens ekstase aan die brand geslaan.
Tesame met Blade, nog ’n superheld fliek wat daardie tyd uitgereik is, het groot produksiemaatskappye begin inkoop op die idee van filmverwerkings gebaseer op comics. Dit het sin gemaak – ons het as lesers met ons fanatiese koopkrag reuse suksesse van hierdie reekse gemaak, en sou ons swaar verdiende geldjies met liefde opdok om ons helde by die cines te kon aanskou! Hulle het ’n klaargemaakte, gewaarborgde kykertal gehad. Skielik was dit nie meer ’n skande om ’n nerd te wees nie! Jy kon oornag t-hemde van jou gunsteling strokiesprentkarakters koop in elke denkbare kleur en grootte! Sexy aktrises en akteurs het tou gestaan om in hierdie tipe flieks te speel. Regisseurs soos JJ Abrahams en Josh Wedon het ons die flieks gegee waarvoor ons so lank gewag het – hulle sukses was vikaries ook ONS sukses gewees!
Alles was goed met die wêreld... tot en met die produksiehuise begin gulsig raak het. Hulle was nie meer slegs geneë om die handjievol nerds se geld in te palm nie, maar wou die algemene man op straat ook betrek by hulle siek speletjie deur generiese en maklik verteerbare films te maak waarby die nie-toegewyde aanhanger ook aanklank kon vind. En dit is hoekom ons flieks soos Constantine begin kry het – so ver verwyderd van die bron dat dit skaars meer ooreenstem met die oorspronklike inkarnasie van die storie. John Constantine, ’n blonde Britse towernaar uit die Hellblazer comics wie se voorkoms op die sanger Sting geskoei is word toe sommer in die fliek ’n donkerkop Amerikaanse Keanu “ek het een gesigsuitdrukking” Reeves. Die skrywer Alan Moore was so gewalg deur die verbastering van sy intellektuele eiendom dat hy gevra het vir enige verwysing na hom in die film se krediete om verwyder te word.
Ek praat nie eers oor Ang Lee se droewige interpretasie van The Incredible Hulk nie... kykers moes ’n uur of so wag voor die groot groen monster eers sy verskyning gemaak het! Die nuutste voorbeeld van hierdie onderdagte besluitneming, en die katalisator van hierdie blog, was die derde Iron Man fliek wat vroeg in Mei hier in Potchefstroom begin draai het. So ontsteld was ek oor wat die film se vervaardigers gedoen het met die haas onherkenbare antagonis The Mandarin, dat ek snikkend uit frustrasie wou weghardloop! Vir diegene wie nog nie die fliek gesien het nie (Waar woon jy? Onder ’n klip) gaan ek nie die wending in die karakter se storie uitlap nie, maar weet net dat hy nou ’n skadu van sy vorige self is. Ek kop dat die fliek oor Iron Man gaan, maar ter selfder tyd voel ek nog altyd dat helde se stories net soveel oor hulle vyande handel. As jy dieper in die hele mitologie agter superhelde begin delf sal jy vind dat elke held sy aartsvyand het.
Spiderman het soos reeds genoem Venom. Batman het The Joker. Superman het die kriminele meesterbrein Lex Luthor. En Iron Man het The Mandarin. Ek sou wou sien dat hulle daardie karakter, nes al die ander in die film, met bietjie meer erns en die respek wat hom toekom behandel het. Dit grief my net so geweldig dat vervaardigers hul grootste aanhangers so sal vervreem. As iemand nog nooit van The Mandarin gehoor het voor hy die fliek gaan kyk het nie, sou hulle mos in elkgeval nie geweet het of dit ’n geloofwaardige uitbeelding van die karakter is al dan nie. Hoekom kan die oorspronklike (of ten minste net ’n meer getroue) weergawe van die karakter nie ook voorgehou word aan oningeligte informele fliekgangers nie - hulle sou mos nie die verskil weet nie en ons as comic nerds sou doodgelukkig gewees het.
Jy dink dalk liewe leser dat ek ’n oordrewe sin van eienaarskap teenoor hierdie fiktiewe karakters koester. Dit is dalk miskien so, maar onthou dat ek en ander skaam terugetrokke tieners wat nie met meisies kon praat nie hierdie ouens opgehemel het tot waar hulle vandag is. En nie net dit nie, hulle was vir so lank tydens daardie maer jare van sosiale waninteraksie my pelle gewees. Dis nie lekker om te sien as iemand jou vriende boelie nie.