On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: VS plaasinfrastruktuur kommerwekkend ná reën

───   ELSABÉ RICHARD 16:26 Thu, 14 Jan 2021

Landbounuus-podcast: VS plaasinfrastruktuur kommerwekkend ná reën | News Article
File image

Die Vrystaatse Departement van Landbou is bekommerd oor die infrastruktuur op en buite plase, soos silo's, huise en werkswinkels, sowel as skade aan veldgewasse wat veroorsaak word deur die onlangse swaar reën in die provinsie.


Zimasa Leputla, woordvoerder van die departement, sê plase wat tot dusver geraak is, is in Bultfontein en Hoopstad in die Lejweleputswa-distrik, rondom Vredefort in die Fezile Dabi-distrik, asook rondom Kestell en Harrismith in die Thabo Mofutsanyana distrik. Sy sê die departement het 'n span van die rampbestuurseenheid na alle geaffekteerde gebiede gestuur om die omvang van die skade te bepaal en vas te stel. Leputla sê tot dusver dui voorlopige verslae aan dat paaie op plase ontoeganklik geword het. Intussen het die LUR vir die Departement van Landbou, William Bulwane, Woensdag boere in die Bultfontein-omgewing besoek en kennis geneem van die verwoesting. Hy het 'n beroep gedoen op 'n samewerkende benadering tot hierdie soort rampe waarby ander provinsiale departemente betrokke sal wees.

Die publiek het twee weke oor om onwettige en ongewenste vuurwapens en ammunisie in te handig. Fred Camphor, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SA Jagters), sê die amnestie wat op 31 Januarie eindig, bied ook ‘n geleentheid om vuurwapens waarvan die lisensies verval het, in te handig terwyl die eienaars vir nuwe lisensies kan aansoek doen. Hy sê die doel van hierdie amnestietydperk is om die publiek aan te moedig om onwettige vuurwapens in te handig en vervolging vry te spring. Hy waarsku dat diegene wat nie gebruik maak van die amnestietydperk nie, krimineel vervolg kan word en ‘n tronkstraf van tien jaar in die gesig kan staar.

EN

Verskeie organisasies in die landbousektor het hulle skok en hartseer oor die ontydige dood van Mohammad Karaan, 'n professor in landbou-ekonomie aan die Universiteit van Stellenbosch, uitgespreek. Karaan is Woensdag weens Covid-19-verwante komplikasies oorlede. Aggrey Mahanjana, die groepbesturende direkteur van die Nasionale Opkomende Rooivleisprodusente-organisasie (NERPO), sê die dood van Karaan het die hele landbousektor beroof van 'n waardevolle man wie se bydrae tot die sektor ongeëwenaard was. Hy sê die organisasie het baie voordeel getrek uit sy wysheid en kennis. Karaan word beskryf as die dryfkrag en die samespanning van eenheid in die landbousektor. Hy is ook die stigter van die Agri-Sector Unity Forum (ASUF).
Mahanjana betuig sy innige meegevoel met Karaan se familie en sê hy was 'n totale aanwins vir die landbousektor en sy nalatenskap sal bly.



OFM-nuus

Gallery

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.