On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Vrae oor die pryse van knoffel en gemmer

───   ELSABÉ RICHARD 13:45 Tue, 16 Feb 2021

Landbounuus-podcast: Vrae oor die pryse van knoffel en gemmer | News Article

Die onlangse skerp styging in die pryse van knoffel en gemmer het nie net die sakewêreld aan die praat nie, maar ook verbruikers.

Joseph Selolo, maatskappysekretaris van die Nasionale Verbruikerskommissie van Suid-Afrika, sê die sewe grootste kleinhandelaars word ondersoek om die oorsaak van die onverwagte hoë prysstygings te identifiseer. Hy sê die inligting wat uit die ondersoeke ontvang is, sal help om vrae te beantwoord oor die vermoede van onwettige prysstygings. Hy sluit af deur te sê dat verbruikers nie ten volle teen sulke misdaad beskerm kan word nie, maar daar sal gevolge wees vir enige skuldige partye. Hy versoek dat verbruikers die kommissie van sulke prysstygings in kennis stel.


EN


Die veediefstalsake teen twee verdagtes, die 34-jarige Vitalis Tasara en die 40-jarige Tsako Baloyi, is uitgestel tot Donderdag. Dit volg op hulle verskyning Maandag in die Smithfield-landdroshof in die Vrystaat op aanklagte van bedrog en veediefstal. Polisiewoordvoerder, Motantsi Makhele, sê die verdagtes sal in aanhouding bly tot en met hul volgende verskyning in die plaaslike landdroshof. OFM-nuus het vroeër berig dat hulle in hegtenis geneem is nadat hulle in die besit van skape betrap is, wat hulle deur ‘n beweerde bedrogspul van die Heuningkrans-plaaseienaar naby Smithfield bekom het. Altesaam 561 van die 800 skape is deur die polisie teruggevind, sê Makhele. Die verdagtes het met valse voorwendsels opgetree deur te beweer dat hulle 'n sekere bank verteenwoordig wat met boere ooreenkomste aangaan. Hierdie transaksies behels dat 1000 ooie en 300 ramme ter waarde van nagenoeg R4,9 miljoen aangekoop sal word, maar dan geskied die betaling nie.




OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.