On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Minimumloon kom op uitdagende tydstip - VL

───   14:24 Wed, 17 Feb 2021

Landbounuus-podcast: Minimumloon kom op uitdagende tydstip - VL | News Article

President van Vrystaat Landbou, Francois Wilken, sê die regering se besluit om die nasionale minimumloon met 16% aan te pas, kom op 'n tydstip waarop dit ekonomies uiters uitdagend is om kos te produseer.

Die Nasionale Minimumloon (NMW) sal vanaf 1 Maart tot R21,69 per uur styg. Dié 93c-styging is op 9 Februarie 2021 deur die Minister van Indiensneming en Arbeid, Thulas Nxesi, aangekondig. In 'n onderhoud met OFM-nuus, sê die regs- en operasionele bestuurder van Vrystaat Landbou, Gernie Botha, hierdie skerp verhoging kom neer op finansiële bestuur wat in hierdie stadium reeds onder druk is weens die impak van COVID-19 op kontantvloei, nie net in die landbousektor nie, maar in die hele land.

EN

Die Noord-Kaapse Landbou LUR, Mase Manopole, het Maandag besoek afgelê aan die Richtersveld-boerderyprojek naby Alexandrabaai. Een rede vir die besoek was om die suksesse en uitdagings van die projek, wat tot dusver meer as 100 mense in diens gehad het, te bepaal. Die LUR is deur die burgemeester van die Richtersveld Plaaslike Munisipaliteit se raadslid, Arthur Jansen, en die distriksbestuurder, Darryl Engelbrecht, vergesel. Hierdie departement het die projek ondersteun as gevolg van 'n vennootskap tussen Agri Sol en die Gemeenskaplike Eiendomsvereniging in die Richtersveld. Die plaas produseer tans mielies, rosyntjiedruiwe, lemoene en lusern.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.