On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: VS-boer verloor miljoene ná bedrogspul met vee

───   11:22 Fri, 19 Feb 2021

Landbounuus-podcast: VS-boer verloor miljoene ná bedrogspul met vee | News Article

'n Waarskuwing is weereens aan boere uitgestuur nadat 'n Vrystaatse boer van skape ter waarde van R4,9 miljoen bedrieg is.

Farmer's Weekly berig Vrystaat Landbou (VL) sê dit kom ná die inhegtenisname van twee verdagtes wat hulleself voorgedoen het as verteenwoordigers van 'n kommersiële bank, en toe na bewering met 'n bedrogspul skape ter waarde van R4,9 miljoen van 'n Vrystaatse boer gesteel het. Die organisasie sê boere moet versigtig wees wanneer hulle met onbekende mense sake doen. Jakkals le Roux, voorsitter van die organisasie se landelike veiligheidskomitee, het aan Farmer's Weekly gesê waaksaamheid is belangrik. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die Vrystaat het onlangs die twee verdagtes in hegtenis geneem rakende diefstal van 1 000 ooie en 300 ramme. Ná die aflewering van die skape by die verdagtes in Machado, volgens die ooreenkoms, het die boer nooit weer daarvan gehoor nie en is geen geld in sy bankrekening inbetaal nie. Die betrokke bank ontken ook enige kennis van die verdagtes. Le Roux sê boere moet daarop let dat misdadigers plase betree met valse voorwendsels om hulself as veekopers voor te stel of selfs as amptenare van sekere staatsdepartemente.

EN

Die landbousektor kan 'n moontlike versterking verwag in die wolmark vir volgende week. Heinrich Victor, bestuurder van spesiale dienste by OVK, voeg verder by dat die rede hiervoor is dat werksaamhede in China terugkeer na normaal nadat hulle Nuwejaarsvieringe tot 'n einde gekom het. Dít, tesame met die Rand wat weer effens verswak teen die VSA Dollar, kan 'n positiewe beweging in die wolmark tot gevolg hê.



OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.