On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Departement van landbou wil beter diens lewer

───   10:33 Thu, 25 Feb 2021

Landbounuus-podcast: Departement van landbou wil beter diens lewer | News Article
Foto: Wikimedia Commons

Oor die mediumtermynbestedingsraamwerk (MTBR) sal die departement van landbou konsentreer op die verbetering van landbouproduksie en die herlewing van noodsaaklike infrastruktuur vir landbou.

Dit sal gedoen word deur die toepassing van die meesterplan vir die landbou- en landbouverwerking, die versnelling van grondhervorming, die afhandeling van grondeise en die voorkoming van siektes by diere en landbouprodukte. Landbouweekblad berig die departement se begroting vir die 2021-’22-boekjaar is R16,9 miljard - wat nie veel meer as die vorige begroting is nie. Oor die MTBR sal besteding in landbouproduksie, biosekerheid en natuurlike hulpbronne na verwagting R70 miljard bydra tot die totale produksiewaarde en die ondersteuning van sowat 1,3 miljoen huishoudings. Oor dieselfde tydperk sal die meeste van die infrastruktuurprogram vir landelike ontwikkeling se begrote R2,3 miljard bestee word aan die herlewing van infrastruktuur en die verskaffing van gelyke toegang tot kritieke faktore van produksie soos grond, water en tegnologie.

EN

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewende hawe. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings, onder 200kg, teen R44,50 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R40,01 en speenkalwers oor 250kg het teen R37,65 per kg verkoop. Vir meer inlingting besoek www.vleisprys.co.za.



OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.