On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Lewendehawe-agente moet vertroud wees met biosekuriteitsmaatreëls

───   ELSABÉ RICHARD 16:52 Mon, 01 Mar 2021

Landbounuus-podcast: Lewendehawe-agente moet vertroud wees met biosekuriteitsmaatreëls | News Article

Dit is noodsaaklik dat alle lewendehawe-agente vertroud is met die inhoud van die biosekuriteitsmaatreëls vir lewendehawe-agente, soos wat dit op 13 November 2020 in die Staatskoerant gepubliseer is.


Luidens die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) is die reëls hoofsaaklik ingestel om, onder meer, die lewendehawe-agentebedryf te reguleer. Daar is 'n spesifieke verwysing na voorsorgmaatreëls wat by veilings vereis word om die risiko van die verspreiding van beheerde, aanmeldbare en ander dieresiektes te verminder. Die RPO sê verder hoewel die reëls van toepassing is vanaf die datum van publikasie, sal ‘n bykomende grasietydperk van ses maande toegelaat word sodat alle lewendehawe-agente hulself van die inhoud van die reëls kan vergewis, hul infrastrukture en prosesse, waar nodig, kan aanpas en op volkome nakoming voorberei. Die implementering van die biosekuriteitsmaatreëls vir lewendehawe-agente moet voor of op 30 Junie 2021 gefinaliseer wees. Hierdie maatreëls sluit in die verpligte registrasie by die Landbouprodukte Agenteraad (APAC), sowel as ‘n eksterne oudit van die veilingsgeriewe en alle biosekuriteit-prosedures wat elke twee jaar deur ‘n onafhanklike ouditeur onderneem moet word.

Data van die Suid-Afrikaanse kwartaallikse opname van die arbeidsmag vir die laaste kwartaal van 2020 toon 'n afname in Suid-Afrika se primêre landbouposte. Wandile Sihlobo, hoof-ekonoom van die Landboubesigheidskamer, Agbiz, sê dié data toon 'n afname van 8%. Hy deel dat daar 'n afname in indiensneming in meeste provinsies was, behalwe in die Oos-Kaap, Gauteng en Mpumalanga, wat ook 'n toename in indiensneming in die laaste kwartaal van 2019 aangeteken het. OFM-nuus se Elsabé Richard berig Sihlobo voeg verder by dat die meerderheid werksverliese in die Wes-Kaap was, met ongeveer 51 000, gevolg deur KwaZulu-Natal, waar werksgeleenthede met 21 000 vergeleke met die laaste kwartaal van 2019 afgeneem het.

EN

Byna 900 inskrywings vir die SA Suiwelkampioenskap is verlede week by Elsenburg buite Stellenbosch beoordeel.
Luidens Isabeau Botha, Korporatiewe Kommunikasiebestuurder van Agri-Expo, moes die beoordeling, wat die eerste keer in 17 jaar by Elsenburg gehou is, vanjaar oor twee dae geskied - met slegs 30 beoordelaars per dag - om binne die perke van Covid-19-regulasies te wees. Die wenner in elk van die meer as 100 klasse word as SA kampioen bekroon, terwyl produkte van besonder hoë gehalte ook die Qualité-merk van gehalte ontvang. Dit word as die enigste merk van gehalte vir suiwelprodukte in Suid-Afrika erken. ’n Paneel van vyf kundiges wys die produk van die jaar aan. Die wenners word op Vrydag 26 Maart aangekondig.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.