On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: NK-kuslyn gerat vir ekonomiese ontwikkeling

───   ELSABÉ RICHARD 11:40 Tue, 06 Apr 2021

Landbounuus-podcast: NK-kuslyn gerat vir ekonomiese ontwikkeling    | News Article

Beamptes van die Departement van Landbou, Omgewingsake, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling in die Noord-Kaap het ‘n misdaadsvoorkomings-operasie langs die kus gehou.


Die departement sê die operasie vorm deel van ‘n nasionale program – Operasie Phakisa. As deel van misdaadvoorkoming tydens die Paasnaweek is sigbaarheid by die kusdorpe – Port Nolloth, Kleinsee, Hondeklipbaai en Groenrivier verhoog. Onwettige sandmyn-bedrywighede in die omgewing het ook deel van die operasie gevorm. Noord-Kaap Premier Zamani Saul en lede van die provinsiale uitvoerende raad het ook vroeër ‘n besoek aan Port Nolloth gebring waar ‘n multi miljoenrandse projek vir die opgradering van die hawe na verwagting binnekort sa; begin. Die projek wat sowat R500m beloop word in samewerking met die nasionale departement van Openbare Werke onderneem. Die premier se kantoor sê die Noord-Kaapse kuslyn van sowat 413 km het groot ekonomiese potensiaal.

Vrystaat Landbou vra die ouditeur-generaal (OG) om dringend op te tree teen politieke en administratiewe leiers wat staatsgeld verspil het – hetsy deur korrupsie of wanbestuur. Die SABC berig die president van Vrystaat Landbou, Francois Wilken, se oproep volg op ‘n OG-verslag dat die Vrystaat se Departement van Polisie, Paaie en Vervoer in die vorige geldjaar R1.8miljard verkwis het. Daarvan was R96-miljoen ongemagtigde uitgawes. Wilken sê die OG moet haar belofte nakom en leiers vervolg wat nie toepaslik en tydig teen skuldiges optree nie.

EN

Die ‘Kayak for Charity’-span het verskeie uitdagings in die gesig gestaar, maar ten spyte hiervan roei hulle voort vir liefdadigheid. Chris van Beljon, stigter van Boere Droogtehulp SA NPC, sê Edward-John Hill, ook bekend as Bean, het op 1 April begin om via die Oranjerivier met sy kajak vanaf Lesotho tot in Namibië te roei. Hill gaan 2 200km roei vir sowat 50 dae vir onder meer droogtehulp.Van Biljon verduidelik dat een van die uitdagings was dat Taro Niehaus, Hill se vriend, nie saam met hom die rit kon aanpak nie weens ‘n handbesering wat hy opgedoen het. Wat geld invordering aanbetref sê Van Beljon kom donasies stadig in maar is nie wat hulle aanvanklik verwag het nie wanneer daar gekyk word na wat die uitdaging hulle gekos het. Teen Sondag 4 April is daar net meer as R3 000 ingesamel.



OFM-nuus/Mia-Leigh Cloete/SABC-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.