On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Ad hoc-taakspan sal bewusmaking skep van Noord-Kaap droogte

───   ELSABÉ RICHARD 14:11 Thu, 22 Apr 2021

Landbounuus-podcast: Ad hoc-taakspan sal bewusmaking skep van Noord-Kaap droogte | News Article

Edward-John Hill, wat op 1 April 2021 die Oranjerivier aangepak het om vanaf Lesotho tot in Namibië te roei om geld vir liefdadigheid in te samel, het reeds sowat 1 200 km in sy kajak afgelê.

Hill moet nog sowat 1 000 km aflê. Hierdie besonderse uitdaging is in samewerking met Chris van Beljon se Bring Hoop-projek om fondse te werf vir, onder meer, droogtehulp. Van Beljon deel met OFM-nuus dat ten spyte van uitdagings wat die 'Kayak for Charity'-span ervaar, roei Hill steeds voort. Hy sê daar is boere wat weens voortslepende droogte alles verloor het en nie na hulle gesinne kan omsien nie. Van Beljon doen 'n beroep op die publiek om boere by te staan en skenkings te doen. Indien die publiek ‘n skenking wil doen, kan hulle Boere Droogtehulp SA se webtuiste besoek vir die rekeningnommer, sowel as die Facebook-blad 'Kayak for Charity' vir meer inligting.

Intussen is ‘n ad hoc-taakspan op die been gebring om bewusmaking te skep oor die geweldige humanitêre en geestelike nood in die Noord-Kaap en omliggende gebiede weens die erge droogte. Esté van der Merwe, bemarkingsbestuurder by Caritas Gemeenskapsfokus, sê die droogte in die provinsie en omliggende gebiede is nog nie gebreek nie, en dat daar ook ‘n wanpersepsie by die publiek bestaan oor hoe dit werklik op die plase lyk. Teen hierdie agtergrond het hulle besluit om vanaf 8 tot 22 Mei 2021 die Boesmanland Camino, wat oor amper 314 km strek, aan te durf om droogtehulpfondse in te samel. Besoek Caritas Gemeenskapsfokus NPC se Facebook-blad vir meer inligting.

EN

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewendehawe. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings, onder 200kg, teen R43,44 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R38,10 en speenkalwers oor 250kg het teen R36,30 per kg verkoop.





OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.