On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Onwettige instroming kom onder die loep

───   ELSABÉ RICHARD 14:49 Wed, 28 Apr 2021

Landbounuus-podcast: Onwettige instroming kom onder die loep | News Article

Die kwessie van die onwettige instroming van Lesotho-burgers in die Klaarwater-omgewing, op spesifieke roetes en plase vanuit Lesotho, kom Woensdag 28 April onder die loep.

Die Vrystaatse LUR van Polisie, Paaie en Vervoer, Sam Mashinini, sal met verskeie rolspelers uit Lesotho en Suid-Afrika in Zastron vergader. Luidens Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou, vind die onwettige instromings byna daagliks die afgelope dekade plaas en het dit geensins afgeneem tydens Covid-19 inperkings nie. Wilken sê die onwettige binnekoms van Lesotho-burgers hou verband met die toename in misdaad-aktiwiteite.

Die voorverhoor van sewe verdagtes wat in hegtenis geneem is in verband met korrupsie verbonde aan Rekgonne Community Projects - 'n maatskappy wat in 2014 'n ooreenkoms met die Vrystaatse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling aangegaan het om alle projekte namens die departement te implementeer - het Woensdag 28 April in die Bloemfonteinse Hooggeregshof begin. Die verdagtes sluit onder andere die direkteur van Rekgonne Community Projects, Malikomo Mohapi, die voormalige departementshoof, Peter Thabethe, en die voormalige finansiële hoof, Seipati Sylvia Dlamini, in. OFM-nuus het vroeër berig dat hulle in 2020 deur die Valke in hegtenis geneem is vir beweerde korrupsie, bedrog en geldwassery van meer as R244 miljoen.

EN

Brandvooruitsigte toon dat dit 'n relatiewe aktiewe brandseisoen gaan wees en boere word gemaan om nou al  voorsorgmaatreëls te tref. Volgens Johan Breytenbach van die Vrystaatse Sambreel-brandbeskermingsvereniging, kan groot hoeveelhede plantmateriaal ná die reën lei tot veldbrande. Breytenbach sê maatreëls soos brandbane kan help dat wanneer 'n veldbrand op 'n eiendom sou ontstaan, dit nie versprei nie. Breytenbach sê veldbrande is reeds in die Vrystaat gerapporteer.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.