On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Bykans 300 plaasaanvalle en -moorde in VS

───   ELSABÉ RICHARD 14:08 Wed, 05 May 2021

Landbounuus-podcast: Bykans 300 plaasaanvalle en -moorde in VS | News Article

'n Totaal van bykans 300 plaasaanvalle en -moorde het vanaf 1 April 2016 tot 31 Maart 2021 in die Vrystaat plaasgevind.

Luidens 'n verklaring deur Vrystaat Landbou (VL), het 298 plaasaanvalle plaasgevind - wat 37 moorde insluit. Dr. Jane Buys, Veiligheidsrisiko-analis van VL, sê 143 kommersiële en opkomende boere is in dié tydperk aangeval, waarvan 16 vermoor is. Verder is 126 werkers aangeval, waarvan 14 vermoor is. Daar is ook 24 persone aangeval wat op plase en of kleinhoewes woonagtig was, waarvan 6 vermoor is. In sewe insidente is beide produsente en werkers aangeval en in een insident is ’n produsent en werker albei vermoor. Intussen sê Jakkals le Roux, voorsitter van VL se Landelike Veiligheidskomitee, dat 70 van die plaasaanvalle en moorde onder 12 landbougemeenskappe plaasgevind het wat teen die Suid-Afrika/Lesothogrens geleë is. Hy sê die situasie teen die grens bly kommerwekkend en is 'n groot bydraende faktor tot onveilige landbougemeenskappe.

Daarmee saam het Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou (VL), gesê dat dat die onwettige instroming van Lesotho-burgers in die Klaarwater-omgewing, op spesifieke roetes en plase vanuit Lesotho, byna daagliks vir die afgelope dekade plaasvind en meen dit hou verband met die toename in misdaad-aktiwiteite. Hy deel dat daar onlangs 'n vergadering gehou is tussen Suid-Afrikaanse en Lesotho-rolspelers om hierdie kwessies aan te spreek en met oplossings vorendag te kom.

EN

Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling is bewus van die impak wat die 16,1% loonverhoging op die landbousektor sal hê, gegewe die ernstige ekonomiese situasie wat die land tans ervaar. Dit is bekend gemaak nadat Tamarin Breedt van die Vryheidsfront Plus die departement in 'n geskrewe vraag gevra het of hy bewus is van die gevolge wat die loonverhoging op die landbousektor kan hê. Die departement sê hy is ook bedag op die stygende lewenskoste wat jaarlikse aanpassings in die minimumloon noodsaak, in ag genome die lae loonvlakke van gewone Suid-Afrikaanse werkers, insluitend plaaswerkers. Die departement het bygevoeg dat geregistreerde werknemers aansoek kan doen by die Departement van Arbeid om vrystelling van die betaling van die nasionale minimumloon.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.