On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   09:34 Mon, 14 Jun 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies

Die Amerikaanse mieliemark het Vrydag onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag.  

Die druk op die Amerikaanse mark kan grootliks toegeskryf word aan die bekommernisse rakende verwagte veranderinge in die biobrandstof mandate.

Die plaaslike mieliemark het Vrydag onder druk gekom en het laer verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R48/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 269/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R51/ton laer verhandel om teen R3 414/ton te sluit.


Sojabone

Die Amerikaanse sojaboonmark het Vrydag onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag.

Die verwagting is dat die Amerikaanse sojaboon-aanplantings hoër behoort te wees as wat aanvanklik verwag was.

Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2021, R46/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 340/ton te sluit.


Koring

In die Amerikaanse koringmark het Vrydag onder druk gekom.

In Rusland is die verwagte koringproduksie vir die seisoen 1.9% opwaarts aangepas vanaf die vorige skatting.

Die plaaslike koringmark het Vrydag onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2021, R33/ton laer verhandel om teen R4 923/ton te sluit.


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.