On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Duisende liters roumelk vermors weens onluste

───   11:22 Wed, 28 Jul 2021

Landbounuus-podcast: Duisende liters roumelk vermors weens onluste | News Article

Suiwelprodusente in KwaZulu-Natal lewer sowat 27% van Suid-Afrika se melk.

Van hierdie boere moes onlangs, weens onrus in daardie provinsie, duisende liters roumelk uitgooi omdat hulle nie die melk betyds by verwerkers kon kry nie. Nico Fouché, hoof uitvoerende beampte van Melk SA, beklemtoon dat alhoewel 27% van die land se melk in KZN geproduseer word, is nie al hierdie suiwelprodusente deur die onrus geraak nie en daarom gaan dit nie die breër publiek raak nie. Hy verduidelik ook dat roumelk baie bederfbaar is en dat sommige boere nie die nodige kapasiteit het om die melk te verwerk en te verpak nie, en dit is hoekom hulle genoop was om van die melk ontslae te raak. Volgens Fouché het hierdie gebeure net weereens bewys hoe veerkragtig die bedryf en die land se boere is, en hoe gemeenskappe kan saamwerk in tye van nood.

Volgens die nuutste weeklikse produksievorderingsverslag is 64% van Amerikaanse mielies in ? goeie tot uitstekende toestand. Die 64% wat in ? goeie tot uitstekende toestand is, is laer as die vorige week se skatting van 65%, en laer as die vorige jaar se 72% wat in ? goeie tot uitstekende toestand was teen dieselfde tyd van die seisoen. Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is. Die witmieliemark het vir lewering in September 2021 R101/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 350/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in September 2021 R92/ton hoër verhandel om teen R3 500/ton te sluit.

EN

Volgens 'n mediaverklaring deur Graan SA, is 58% van die Amerikaanse sojabone in ? goeie tot uitstekende toestand. Die 58% wat in ? goeie tot uitstekende toestand is, is 2% swakker as die vorige week en swakker as die vorige jaar se 72% wat in ? goeie tot uitstekende toestand was teen dieselfde tyd van die seisoen. Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in September 2021, R185/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 875/ton te sluit.



OFM-nuus/Elsabé Richard en Dane Beisheim 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.