On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Arts

Kersfees kom vroeg met André Schwartz en Coenie de Villiers

───   09:00 Tue, 07 Nov 2023

Kersfees kom vroeg met André Schwartz en Coenie de Villiers | News Article

“Ons geniet dit om saam te werk. Om ’n maand voor Kersfees iets nuuts op die planke te bring gee ons kans om ’n vars repertoire te beproef.”

André Swartz en Coenie de Villiers is by die Etienne Rousseau-teater in Sasolburg met ’n splinternuwe vroeë Kersvertoning op 26 November. Hulle sluit by Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop!

Dit is die eerste keer dat hulle die konsert, Stille Nag sal aanbied. André Schwartz en Coenie de Villiers het geen bekendstelling nodig nie maar met hierdie vertoning kry hul samewerking ‘n nuwe dimensie.



“Ons geniet dit om saam te werk. Om ’n maand voor Kersfees iets nuuts op die planke te bring gee ons kans om ’n vars repertoire te beproef,” sê De Villiers. André Schwartz stem saam. “Die wêreld beleef onrustige tye – ons hoop ons kan ’n boodskap van vrede en skoonheid deel wat ons gehoor se lewe sal raak,” sê hy.

“En as ons van nagliedere praat, is dit nie net Kersgunstelinge nie. Ons program sluit ook immergroen treffers soos Music of the Night en Karoonag in. Die vertoning is juis op ’n Sondagmiddag sodat die hele gesin dit kan geniet.  



Hoewel Schwartz hoofsaaklik as sanger bekendheid verwerf het, skuif hy vir hierdie vertoning saam met De Villiers agter die klawers in. “Dis ‘n deel van André waarvan min mense weet – hy is ook ’n besonder knap pianis. Dis lekker om hierdie nuwe dimensie by ons konsert by te roer,” lag Coenie.


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.