Babbelgum vir die Siel
Piesangbrood resep─── 08:11 Sat, 16 Jul 2011

½ koppie botter of margarien
1 koppie suiker
2 eiers
2 koppies koekmeelblom
2 teelepels bakpoeier
6 kleinerige piesangs
1 teelepel vanieljegeursel
½ teelepel sout
½ koppie gekapte pekanneute
Klits die botter en suiker tot dit romerig is en voeg die vanieljegeursel by. Voeg die eiers een vir een by. Klits goed na elke byvoeging. Sif die droë bestanddele saam en voeg dit by. Druk die piesangs sommer met ‘n vurk goed fyn en gooi dit saam met die pekanneute by die mengsel. Meng alles goed saam en gooi in ‘n broodpannetjie wat met Spray en Cook gespuit is. Bak teen 180 ºC vir ‘n uur. Sny en bedien met botter.