On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Breakfast Club Blog

Eiland wat verdwyn? So lyk hy...

───   06:28 Fri, 23 Nov 2012

Eiland wat verdwyn? So lyk hy... | News Article

Sydney – ‘n Eiland in die suidelike Stille Oseaan wat op Google Earth en op wêreldkaarte aangedui word, bestaan nie, het Australiese wetenskaplikes gesê.

Die wetenskaplikes het as deel van ‘n geologiese ekspedisie na die misterieuse eiland gaan soek.

Die eiland, wat in die Koraalsee, tussen Australië en Nieu-Kaledonië voorkom, is bekend as Sable-eiland en verskyn op Google Earth en Google Maps.

Die Times Atlas of the World identifiseer ook die eiland as Sable-eiland.

Toe die wetenskaplikes egter die eiland op die presiese koördinate gaan soek het, kon hulle dit nie opspoor nie.

“Ons wou gaan kyk het hoe lyk dit daar, want navigasiekaarte dui aan dat die water daar sowat 1 400m diep is, wat nogal aansienlik diep is,” het dr. Mari Seton, een van die wetenskaplikes, gesê.

“Die eiland is op Google Earth en ander kaarte, maar toe ons daarna wou gaan kyk, was daar geen eiland nie. Ons is nogal stomgeslaan. Dit is regtig bisar.”

“Hoe het die eiland dit dan op die kaarte gemaak? Ons weet nie, maar ons beplan om uit te vind.”

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.